top of page
Senior Book Club

Carpe Diem

SENIORBEDIENING

Ons wil ‘n tuiste skep vir Seniors waar hulle op ‘n gemaklike manier hulle lewenservaringe kan
kom deel. Ons wil ons vaardighede en kennis oor alle generasies heen met die hele geloofsfamilie deel. Ons wil dien en nie soseer bedien word nie. So wil ons roeping uitleef, deur te leer wat dit beteken om saam as familie vir Koning Jesus prakties te volg.


Deur te dien, saam te lag, gesels en beplan word ons eie lewens ook verryk. Ons deel ons talente, kennis en wysheid met mekaar en ander, sodat ons die gemeenskap op ‘n betekenisvolle wyse kan aanvul.


Daar is oral nood te sien in die gemeenskap. Ons leef ons Christenskap uit met lewende hoop,
omdat Jesus opgestaan het en oor die heelal heers. Ons wil hoop gee aan die hooploses, vertroue waar wantroue heers, troos waar mense treur, en geregtigheid waar onreg is. Ons wil werklik Lux Mundi uitleef – lig vir die wêreld!

 

Navrae:

Leraar: Dr Jan Cloete

063 400 0001 OF jancloete26@telkomsa.net

WhatsApp Image 2024-08-27 at 08.05.37.jpeg
bottom of page