Ons familie

INKOMBEDIENING - GASVRYHEIDSBEDIENING

Ons wil alle mense met gasvrye liefde hartlik verwelkom en laat tuiskom in Lux Mundi-familie en hulle begelei om saam Koning Jesus te volg. Raak betrokke by een van ons gasvryheidspanne wat by eredienste en ander geleenthede mense verwelkom by die Gemeente.

Gasvryheidspanne:

  • Verwelkom by eredienste
  • Nuwe lidmaat toonbank
  • Tee en koffiebediening by die kombuis

Navrae:

GROEIGROEPBEDIENING

Ons beleef die wonder van familiewees in kleingroepe deur die Gees se werk in die gemeenskap van die gelowiges. Ons inspireer, help, en leer mekaar wat dit beteken om Koning Jesus te volg in ons daaglikse lewe. Meld aan dat ons jou plaas by ‘n kleingroep van jou keuse. Skakel ook in by ons kruispad-gesprekke waar ons in groot- en kleingroep-formaat mense begelei op die avontuur om Jesus te volg as deel van ‘n geloofsfamilie.

Navrae:

  • Leraar: Frikkie Coetzee – 083 222 6017 OF fcoetzee@luxmundi.org.za
  • Bedieningsleier: Coenraad de Jongh Coenrad.DeJongh@santam.co.za
  • Bedieningskoördineerder: Liesel Ferreira – 012 998 8801 OF groei@luxmundi.org.za
GEBEDSBEDIENING

Ons bid vir die gemeente en gemeenskap sodat ons saam vir Koning Jesus kan volg en lig vir die wêreld kan wees. Ons bid met ‘n verwagting omdat ons glo dat die lewende God in antwoord op gebed kragtig deur sy Gees werk.

Word deel van ‘n aktiewe span voorbidders wat gebedsversoeke elektronies ontvang, by spesifieke geleenthede aan diens is en saamkom vir gebed.

Navrae:

UITREIKBEDIENING

Lux Mundi is ’n Missionale gemeente, daarom glo ons dat die Here alle gelowiges roep en stuur om sy Ligdraers in die wêreld te wees. Sodoende is elke lidmaat deel van God se liefdesbeweging na die wêreld. Die lig van Jesus Christus skyn deur ons op ’n groot verskeidenheid van maniere . . . naby en ver, oral en altyd! In ons harte “eggo” die woorde van Jesus voor sy Hemelvaart – “soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook” (Joh 20:21). Die Uitreikbediening bestuur en bevorder verskeie netwerke waarvan Lux Mundi deel is.

Tans fokus ons op:

  • Oekraïne (Michele Potgieter van Reni, Svet Mira Gemeente met Kleuterskoolprojek)
  • Ds Sipho Mokoena (Verskeie bedieningspunte in Ohrigstad-omgewing)
  • Pastoor Gerhard Erasmus (Geestelike leier en Gemeenskapswerker in Mosambiek).
  • Dag-uitreike en Korttermynuitreike word ook gereeld beplan en ondersteun. Noue samewerking vind plaas met Pharos Gemeenskapsentrum.
  • Die “Geloofsoffer”-projek bied geleentheid vir bydraes wat volledig buite die gemeente bestee word.

Navrae:

PHAROS

Pharos is Lux Mundi se gemeenskapsbediening. “Pharos” beteken “vuurtoring/lighuis” en is ‘n baken van lig, lewe en hoop vir die plaaslike gemeenskap! Die sentrum is die basis van ‘n Christelike gemeenskapsorganisasie wat geïnspireer word deur die woorde van Jesus Christus: “Ek is die lig vir die wêreld . . . Julle is die lig vir die wêreld.” (Johannes 8:12 en Matteus 5:14)

Pharos dien die gemeenskap deur ondersteuningsdienste aan mense wat enige vorm van nood ervaar. Ons help behoeftiges om ‘n selfstandige en menswaardige bestaan te voer. Verder loods en ondersteun ons volhoubare ontwikkelingsprojekte. Ons stel mense in staat om betrokke te raak by nood in hulle eie gemeenskap. Pharos netwerk met ander gemeenskapsorganisasies (bv kerke, skole, SAPD, veiligheidsforums en die Christelike Maatskaplike Raad). Ons netwerk met die sakegemeenskap om saam ‘n beter toekoms te skep. Verder voorsien Pharos professionele maatskaplike dienste en berading aan mense in nood.

Jy kan deel word van die groeiende Pharos-familie en hande vat vir ‘n nuwe gemeenskap. Ons nooi jou uit om deel te word van ons wenspan!

Vir meer inligting, besoek Pharos se webblad by https://pharos.org.za.

Navrae:

  • Bedieningskoördineerder: Marlene Coetzee – 012 993 5906/8 OF 083 455 6188 OF  info@pharos.org.za
EREDIENSBEDIENING

Oggend-Erediensrte om 9:00

Eredienste is die sentrum en lewensaar van Lux Mundi gemeente. Daarom strewe ons na “Eredienste met Hart” waar die geloofsfamilie die Here saam kan aanbid, loof en prys. Ons plaas ’n hoë premie op suiwer en relevante Woordbediening. Verder bevorder ons deelname van lidmate en besoekers, asook ’n warm, huislike saamwees van gelowiges waar verhoudings kan floreer. Hierdie bediening verseker dat alle elemente van die eredienste voldoende aandag kry om ’n geestelike ervaring vir lidmate te verseker.

Hier is verskeie Bedieningsgeleenthede vir Medewerkers:

  • Orkeste (Instrumentaliste en voorsangers)
  • Tegniese span (Klank, “slide shows”, beligting)
  • Voorbereiding van die liturgiese ruimte en lokale

Navrae:

AAND-EREDIENS om 17:30

Lux Mundi se aanderedienste vind tydens skoolkwartale in die aande om 17:30 plaas. Dit is ‘n geleentheid vir die hele gesin! Ons streef daarna om die erediens só in te rig dat jongmense daarby aanklank vind, maar dit vriendelik genoeg is vir die hele gesin (tot ouma en oupa!) om by te woon. Ons nooi alle tieners en volwassenes wat saam soek hoe om Koning Jesus prakties te volg en om lig vir die wêreld te wees om ons eredienste by te woon!

Navrae:

  • Leraar: Marco la Grange – 078 824 6966 OF mlagrange@luxmundi.org.za)
  • Bedieningskoördineerder: Claudie Louw – 012 998 8801 OF jeug@luxmundi.org.za
MANNEBEDIENING

Die Mannebediening bied geleentheid aan manne om te ontmoet in ’n veilige ruimte vir geestelike groei, saamwees, avontuur en verhoudingsbou.

“As iron sharpens iron, so one man sharpens [and influences] another [through discussion]”.Proverbs 27:17 AMP

Die bediening vergader elke Vrydag om 05:30 vir ’n uur lank rondom die Woord en ’n koppie koffie met kondensmelk! Avontuurkampe en toerustingsgeleenthede vir manne word ook aangebied en gefasiliteer. Verder wil ons ’n bydrae lewer tot die gemeente se Familiebediening.

Navrae:

VROUEBEDIENING

Ons dames skakel in op Donderdae by ‘n Vrouegroep, waar hulle Bybelstudie doen en saam die lewe aanpak. Ronell Burger kom bied ook maandeliks Pitkos aan by Lux Mundi. Elke geleentheid is baie spesiaal en lewensverrykend.

Navrae:

CARPE DIEM - SENIORBEDIENING

Ons wil ‘n tuiste skep vir Seniors waar hulle op ‘n gemaklike manier hulle lewenservaringe kan kom deel. Ons wil ons vaardighede en kennis oor alle generasie heen met die hele geloofsfamilie deel. Ons wil dien en nie soseer bedien word nie. So wil ons ons roeping uitleef, deur te leer wat dit beteken om saam as familie vir Koning Jesus prakties te volg.

Deur te dien, saam te lag, gesels en beplan word ons eie lewens ook verryk. Ons deel ons talente, kennis en wysheid met mekaar en ander, sodat ons die gemeenskap op ‘n betekenisvolle wyse kan aanvul.

Daar is oral nood te sien in die gemeenskap. Ons leef ons Christenskap uit met lewende hoop, omdat Jesus opgestaan het en oor die heelal heers. Ons wil hoop gee aan die hooploses, vertroue waar wantroue heers, troos waar mense treur, en geregtigheid waar onreg is. Ons wil werklik Lux Mundi uitleef – lig vir die wêreld!

Navrae:

KINDERBEDIENING (2j - Gr6)

Waar klein Dissipels groot lesse leer! Lux Mundi maak erns om kinders te bedien vanuit ‘n familiebediening en om van hulle dissipels van Jesus te maak. Ons het ‘n toegewyde span volwassenes wat goed toegerus word om die kinders te bedien. Sondae vind Dissipelland tydens die erediens om 9:00-10:30 plaas in grootgroep- en kleingroep-formaat. Deel van die bediening is Padkafee’s, Kampe, Familie-aande, Vakansieprogram in Junie en ander kindergeleenthede.

  • Kleuters (2 jaar – Gr R): Kom ontdek speel-speel God se liefde.
  • Gr 1-3: Stap saam met ons deur die Storie van die Bybel.
  • Gr 4-6: Kom leer, luister en gaan leef!

Navrae:

LIGWEG JEUGBEDIENING (GR 7 - STUDENTE)

CREWGROEPE (Gr 7-11) – Sondae 18:30

Crewgroepe is waar ons tieners bymekaar kom, verhouding bou en leer van God en Sy Woord. Daar is kampe, uitreike, worship en baie Hot Chocolate om na uit te sien. Kom join ons en laat jou Lig helder brand! Ons visie is om saam met ander generasies dissipels van Jesus Christus te wees wat Sy Lig laat skyn en Sy Weg aandui in ons wêreld. Saam soek ons na God se waarheid sodat ons relevante Christene kan wees wat die wêreld om ons inspireer!

COMMUNITY (Gr 12 – studente) – Sondae 18:30

Crewgroepe is waar ons tieners bymekaar kom, verhouding bou en leer van God en Sy Woord. Daar is kampe, uitreike, worship en baie Hot Chocolate om na uit te sien. Kom join ons en laat jou Lig helder brand! Ons visie is om saam met ander generasies dissipels van Jesus Christus te wees wat Sy Lig laat skyn en Sy Weg aandui in ons wêreld. Saam soek ons na God se waarheid sodat ons relevante Christene kan wees wat die wêreld om ons inspireer!

Navrae:

img

Navrae

Kontak ons gerus met enige vrae.
685 Floris St, Garsfontein, Pretoria, 0042
Kerkkantoor Ma-Vr 08:00 - 13:00