Gebedsbediening

Die gebedsbediening is mense wat in die agtergrond kritiese werk verrig deur saam te bid, besin en beplan hoe ons die gemeente kan begelei tot meer gebed. Die gebedsbediening tree in vir die gemeente, die gemeenskap, die land en die wêreld in nood, volgens ons roeping in die koninkryk. Daarvoor het ons ‘n gebedspan wat aan die hand van ‘n gebedslys voorbidding doen, voorbidders wat Sondae na die eredienste in die gebedskamer beskikbaar is om vir mense te bid, gebedswandelinge in die gemeenskap by strategiese plekke, gebedsversoeke in die bulletin en op facebook, en hulp met gebedsgeleenthede van die Pastors Forum in die gemeenskap.

Kom bid saam met ons vir ‘n groot werk van God in die gemeente, mense se persoonlike lewe, ons gemeenskap en die land. Gebed maak regtig ‘n verskil! Kontak ons gerus.