top of page

Sondag Program

Oggend-Eredienste om 9:00

Eredienste is die sentrum en lewensaar van Lux Mundi gemeente. Daarom strewe ons na “Eredienste met Hart” waar die geloofsfamilie die Here saam kan aanbid, loof en prys. Ons plaas ’n hoë premie op suiwer en relevante Woordbediening. Verder bevorder ons deelname van lidmate en besoekers, asook ’n warm, huislike saamwees van gelowiges waar verhoudings kan floreer.


Hierdie bediening verseker dat alle elemente van die eredienste voldoende aandag kry om ’n geestelike ervaring vir lidmate te verseker.

09:00 Erediens (Gemeentesentrum)

- Dissipelland: 2j-Gr 6

- 2 jaar-Gr R (Kleuterterrein)

- Gr 1-3 (Jeugsentrum) | Gr 4-6 (Tent)

- Gr 1-6 begin met worship in die Jeugsentrum en beweeg dan uit na lokale

09:00 Oostvallei Erediens (Oostvallei saal) 

- By Aftree oord

15:00 Sepedi-Erediens (Bosaal)

Aanlyn preke

Aand-Eredienste om 17:30

Lux Mundi se aand-eredienste vind tydens skoolkwartale in die aande om 17:30 plaas. Dit is ‘n geleentheid vir die hele gesin! Ons streef daarna om die erediens só in te rig dat jongmense daarby aanklank vind, maar dit vriendelik genoeg is vir die hele gesin (tot ouma en oupa!) om by te woon. Ons nooi alle tieners en volwassenes wat saam soek hoe om Koning Jesus prakties te volg en om lig vir die wêreld te wees om ons eredienste by te woon!

17:30 Aanddiens (Jeugsentrum)
- Ligweg: Gr7 – Jongvolwassenes

18:30 Crewgroepe (Gr 7-11)

- Community (Gr 12, studente en jong volwassenes)

Eredienste.jpg

Hoe kan ek help by eredienste?

Hier is verskeie geleenthede:

  • Orkeste (Instrumentaliste en voorsangers)

  • Tegniese span (Klank, “slide shows”, beligting)

  • Voorbereiding van die liturgiese ruimte en lokale

  • Gasvryheid (verwelkoming en kombuisdiens)

  • Opname van Offergawes

Navrae:
Leraar: Marco la Grange

078 824 6966 OF mlagrange@luxmundi.org.za
Bedieningskoördineerder: Almarie Abraham 012 998 8801 OF erediens@luxmundi.org.za

Mei 2025
Preek temas en datums 

27 April

Gevorm deur die Gees: Jan Cloete

4 Mei

Gevorm vir verhoudings: Daan Klopper

 11 Mei

Gevorm deur versoekings: Marco la Grange

18 Mei

Gevorm tot nuwe harte: Frikkie Coetzee

 25 Mei

Gevorm deur ontwrigting: Frikkie & Marco

bottom of page