Groeigroepbediening

Waar Geloof Lewe Word

Groeigroepbediening​

Die groeigroepbediening het die heerlike voorreg om mense te help om te beleef wat dit beteken om deel van God se fantastiese familie te wees: om onvoorwaardelike aanvaarding, opregte liefde, kwaliteit-vriendskappe, en ondersteuning en versorging van medegelowiges te beleef! Dit gaan oor die Bybelse begrip “koinonia” of sommer “fellowship”: die belewing en uitleef van die gemeenskap van die gelowiges! Ons word as volgelinge van Jesus geroep om in dieper verhoudinge met Jesus, maar ook met ons medegelowiges te leef.

Die groeigroepbediening besin, beplan en begelei mense om tuis te kom in groepe en saam met medegelowiges op ‘n avontuurlike reis van groei te wees. Ons wil nuwe mense laat inkom, ons wil groei en verander om meer soos Jesus te wees, en ons wil daagliks ‘n verskil maak in die gemeenskap waar ons leef.

Kom skakel gerus in by een van ons groeigroepe of help ons om ander mense te laat tuiskom in ‘n groep.

LAAI DIE VOLGENDE HIER AF

PAASFEES

Laasteweek

Kry ons weeklikse epos hier!
We respect your privacy.