Welkom by ons familie

Wie is ons?

Lux Mundi is ’n kerk . . .

Waar geloof lewe word
Waar die Bybel ons lewens rig
Waar ons kreatief nuut dink in nuwe omstandighede
Waar ons geleenthede skep vir deelname aan die Koninkryk
Waar ons die gemeenskap dien en aan mense Hoop gee
Waar alle generasies belangrik is en kan tuiskom
Waar alle mense met oop harte verwelkom word

God se visie vir Lux Mundi

dat ons ’n oop en liefdevolle geloofsfamilie sal wees, wat Jesus met oorgawe dien en ander saamnooi om Hom te volg.

Ons beoefen ’n hartlike en gasvrye atmosfeer. Ons styl is informeel en gemaklik. As jy dus op soek is na ’n vriendelike Gemeente wat jou met oop arms sal verwelkom en ook sy roeping ernstig neem, is jy op die regte plek.

Ons hou vas aan die kern van ons Gereformeerde Identiteit en neem daarom die gesag van die Bybel baie ernstig op. Saam strewe ons na eietydse maniere om geloof in ons persoonlike lewens en in die gemeenskap te laat grondvat.

Ons strewe na ’n geïntegreerde Familiebediening en maak ruimte vir alle ouderdomsgroepe. “SAAM” is ons wagwoord: Ons aanbid saam, dien saam, groei saam, reik saam uit na ander en neem saam verantwoordelikheid vir die Gemeente.

Ons Eredienste is informeel met ’n sterk klem op lof en aanbidding, asook Woordverkondiging wat konkreet en prakties is.

img

Navrae

Kontak ons gerus met enige vrae.
685 Floris St, Garsfontein, Pretoria, 0042
Kerkkantoor Ma-Vr 08:00 - 13:00