Kantoorure:
Maandag tot Donderdag: 09:00–16:00
Vrydag: 09:00–12:30
Nood/Trauma na-ure:
Skakel ons noodnommer op die stemboodskap.
Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 993 5908/6
E-pos: info@pharos.org.zaDie eposadres is beskerm teen
spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee
Waar woorde dade word
Pharos Gemeenskapsentrum se deure het oopgemaak op 1 Maart 2009
om die gemeenskap op verskeie maniere te dien, asook om die
“Vriende van Pharos” te bemagtig vir hulle eie
gemeenskapsdiens.
Doelstellings
- Ons dien die gemeenskap deur ondersteuningsdienste aan mense
wat enige vorm van nood ervaar;
- Ons help behoeftiges om 'n selfstandige en menswaardige bestaan
te voer;
- Ons loods en ondersteun volhoubare ontwikkelingsprojekte;
- Ons stel mense in staat om betrokke te raak by nood in hulle
eie gemeenskap;
- Ons netwerk met ander gemeenskapsorganisasies (soos kerke,
skole, die SAPD, veiligheidsforums en die Christelike Maatskaplike
Raad), asook met die sakegemeenskap om saam 'n beter toekoms te
skep.
Hoe kan jy betrokke raak?
Meld aan as Vriend van Pharos deur 'n e-pos te stuur na
info@pharos.org.zaDie eposadres is beskerm teen spam-bots, U het
Javascript nodig om dit weer te gee en ontvang ons maandelikse
nuusbriewe.
Jy kan deel word van die groeiende Pharos-familie en hande vat
vir ’n nuwe gemeenskap. Ons nooi jou uit om deel te word van ons
wenspan!
Vriende van Pharos se gebede, tyd, bronne, vaardighede en
kontakte word saamgevoeg om te bou aan 'n gesonde samelewing.
PROJEKTE/PROJEKSPANNEDIENSTE/
Meld aan by enige van ons Projekleiers om ’n betekenisvolle
verskil te maak in die gemeenskap – Kontakbesonderhede by
www.pharos.org.za
- Maatskaplike werk en ander beradingsdienste
Professionele berading tydens trauma of enige ander nood van
fisieke, emosionele of geestelike aard.
- Kos, klere, komberse en ander noodvoorrade
Groot hoeveelhede kos en klere word weekliks versprei na
behoeftige huishoudings en organisasies.
Ons weeklikse bygewerkte databasis bied beskikbare
werksgeleenthede aan werksoekers.
- Winterskool, lees- en skryfklasse en skryfbehoeftes
Verskeie minderbevoorregte leerders en ongeletterdes word
jaarliks bemagtig met vaardighede en opleiding.
Gratis professionele dienste aan persone wat vasgevang is in ’n
skuldspiraal.
Mediese dienste aan persone wat dit nie self kan bekostig
nie.
- Geestelike begeleiding en verspreiding van Bybels en
Christelike literatuur
Geestelike begeleiding vorm ’n integrale deel van elke projek
van Pharos.
- Kersgeskenke aan minderbevoorregtes
Jaarliks word kinders in minderbevoorregte omstandighede se
harte verbly in die Kerstyd.
- Lewensvaardighede deur sportprojekte
Sokkerspanne in behoeftige gemeenskappe word ondersteun met
praktiese hulp en lewensvaardighede.
Praktiese hulp aan senior burgers, enkellopendes, weduwees en
ander behoeftiges in die gemeenskap.
- Werkers, pendelaars en taxi-eienaars
Praktiese ondersteuning en geestelike begeleiding by
taxi-staanplekke, aandbyeenkomste en Sepedi/Zulu-eredienste.
Pharos-projekte en Projekleiers. (44 KB)
Kantoorure
Maandag tot Donderdag: 09:00–16:00
Vrydag: 09:00–12:30
Maatskaplike werker (slegs soggens beskikbaar).
Nood/Trauma na-ure
Noodnommer: 073 181 7311:
Skakel gerus ons noodnommer op die stemboodskap.
Finansiële ondersteuning
Pharos is ’n geloofsonderneming wat afhanklik is van die bydraes
van “Vriende van Pharos”, asook ander individue, besighede en
maatskappye wat ons visie ondersteun.
BANKBESONDERHEDE
Pharos Gemeenskapsentrum
ABSA, Menlynpark (335 645)
Spaarrekeningno: 921 992 7266
Web: http://www.pharos.org.za/
Personeel
• Johan Taute (Leraar vir Gemeenskapsprojekte en Voorsitter van
die Dagbestuur);
• Daniël Mine (Projekleier en Leraar: Ubuntu Community
Services);
• Annalie Taute (Maatskaplike Werker, Beradingspanne en
Opleiding);
• Marlene Coetzee (Bedieningskoördineerder, Personeel-assistent,
Ontvangs, Administrasie en Finansies).
• Werner Bruhns is die Voorsitter van Pharos Bestuur en
verteenwoordig Pharos op die Fasiliteite en Dienste Komitee van Lux
Mundi Gemeente. Hy is ‘n Professionele Tegnoloog en
Ingenieurskonsultant by Tshwane Stadsraad.
Dr. Johan Taute (Leraar vir Gemeenskapsprojekte en
Voorsitter van die Dagbestuur)
Adres: Edgarstraat 593, Garsfontein
Tel: (012) 998 9937
Faks: (012) 993 0093
Sel: 083 608 4111
E-pos: jtaute@pharos.org.zaDie eposadres is beskerm teen
spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee
Bedieninge /prosesse waarvoor verantwoordelik:
Uitreik, Gemeenskaps-projekte en Pharos Gemeenskapsentrum
Annalie Taute: (Maatskaplike Werker, Beradingspanne en
Opleiding)
Tel: 012 993 5906
Sel: 083 654 8845