EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Ons is missionêr

10 Dinge wat jy nie moet verwag nie


Lux Mundi is ’n gemeente met ’n sterk missionêre karakter. Hieronder is 10 dinge wat jy nie moet verwag as jy by ons aansluit nie:

 

  1. Jy moenie verwag om elke week vir ’n uur kerk toe te kom, hier te kry wat jy wil hê vir jou eie geestelike groei en rustig in jou gemaksone te bly nie. Verwag eerder dat die evangelie jou lewe en uitkyk op die wêreld sal verander, iets wat jou lewe in elk geval ryker sal maak.
  2. Moenie verwag dat die boodskap van Jesus gebuig sal word om in te pas by die heersende verbruikersmentaliteit van die omgewing nie. Verwag eerder dat die boodskap van Jesus jou sal vrymaak van ’n klomp dinge wat jou lewe oorvol maak.
  3. Moenie verwag om anoniem weg te raak in die massa nie.Verwag eerder dat ons jou deel sal wil maak van die roeping wat God vir ons gegee het.
  4. Moenie eredienste verwag wat daarop ingestel is om jou te vermaak nie. Verwag eerder ’n eerlike ingesteldheid om jou in ’n ontmoeting met God te bring.
  5. Moenie jeugprogramme verwag wat ons kinders en tieners vermaak nie. Verwag eerder dat ons hulle wil help om egte volgelinge van Jesus te wees en hulle voorberei vir ’n lewenstyl van diens, betrokkenheid by nood en getuienis.
  6. Moenie verwag dat ons jou preek na preek gaan sus met beloftes van voorspoed, rykdom en gesondheid nie. Verwag eerder dat ons jou sal voorberei vir ’n lewe van diens en oorgawe.
  7. Moenie ’n kerk verwag wat sukses meet aan getalle, geld en geboue nie. Ons meet ons sukses aan uitreik, die geld wat ons weggee en ure diens in die Koninkryk.
  8. Moenie verwag dat alles hier by die kerk gebeur nie. Ons fokus is eerder dat die Koninkryk van God in die wêreld sigbaar word.
  9. Moenie verwag dat baie geld of energie gespandeer word op dinge wat die lewe vir onsself beter en geriefliker maak nie.Verwag eerder dat ons aangevuur word deur effektiwiteit om deel te wees aan die koms van God se Koninkryk in die wêreld.
  10. En, o ja: moenie verwag dat om deel te word van die gemeente vanself na jou sal kom nie. Ons doen baie moeite om nuwe lidmate deel te maak van groepe en bedieninge, maar jy moet self ook aanmeld en deel word.

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service