EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Ondersteuningsdienste

Dag-tot-dag bedryf

Die bedryfspan is die knooppunt van die gemeente se ondersteuningsdienste wat die infrastruktuur daarstel vir die verskillende bedieninge om hulle roeping te kan vervul. Die bedryfspan help ook om die bedieninge op koers te hou deur toe te sien dat die gemeente se bronne in diens van die visie aangewend word. Die kriteria waarvolgens die bedryfspan die gemeente se bronne bestuur, is te alle tye die gesondheid van die gemeente en die roeping wat God vir ons gegee het.

 

Die dag-tot-dag bedryf van die gemeente word deur die Bedryfspan bestuur, in noue samewerking met die Bedryfshoof en Leierleraar. Die span bestaan uit twee verteenwoordigers van elk van die ondersteuningsdienste, naamlik finansies, personeeldienste en fasiliteite; die finansiële beampte, die leierleraar en die bedryfsbestuurder.

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service