EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Nuwe lidmate

Meld aan

Indien jy graag wil inskakel, kom meld gerus voor of na een van die oggenddienste aan by aanwysingsbord vir nuwe lidmate by die inligtingstoonbank. Hier sal een van die spanlede van die gasvryheidsbediening vir jou alles gee wat jy nodig het en graag jou vrae beantwoord.

Die Registerhouer (een van die dames in ons kerkkantoor) sal jou graag bystaan in die opspoor van jou lidmaatskapsertifikate of jou vertel hoe om in dit in die hande te kry in-dien jy aan ’n ander kerk behoort het. Moenie huiwer om te vra nie. 

 

Kom drink saam tee/koffie  

 

 

Kom drink gerus Sondae na die eerste diens saam met ons tee/koffie. Ons wil jou graag beter leer ken.

 

Ons gaan jou besoek

Sodra jy aangemeld het, sal die leraar verantwoordelik vir die inkombedieninge, ’n afspraak met jou maak en jou kom besoek. Sy sal jou help by die regte plek in die gemeente betrokke te raak en by ’n groeigroep in te skakel. As jy by ’n groeigroep inskakel, sal jy die heel gouste deel van die geloofsfamilie voel. Ons wil graag hê dat alle lidmate betrokke sal raak. Ons wil nie hê dat jy op die pawiljoen sal bly sit nie, maar ten minste aan een “item” sal begin deelneem.

 

Gemeenteratwerk

Ons sal alle nuwe lidmate in kennis stel van die eerste Gemeenteratwerk wat plaasvind nadat julle aangemeld het. Tydens hierdie geleentheid sal ons jou mooi vertel hoe die gemeente werk. Ons hou dit minstens vyf keer per jaar direk na die oggenddiens in die Bosaal. Reël asseblief jou sake so om hierdie een oggend ’n bietjie langer by die kerk te kuier. Na die Gemeenteratwerk drink ons saam ’n koppie tee.

Bring gerus jou kinders saam. Dit is regtig baie belangrik dat elke nuwe lidmaat die Ratwerk sal bywoon sodat jy nie wonder hoe die gemeente inmekaar steek en wie waar, wat doen nie.

 

Volwasse belydenisaflegging

Wil jy graag belydenis van geloof aflê of gedoop word omdat jy nie as jongmens belydenis afgelê of gedoop is nie? Kontak gerus vir dr. Elsje Büchner en sy sal jou met die proses help. Dit sluit werklik sinvolle gesprekke met die dominees in en sal jou toerus vir  jou geloofsreis.

As deel van die proses word jy ook gekoppel aan ’n mentor - ’n geestelik volwasse gelowige wat jou sal aanmoedig, saam en vir jou sal bid en met wie jy kan praat oor die eise wat geloof aan mens stel in jou huis, by die werk en in die alledaagse lewe. Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service