EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Mooikloof

Die kapel in Mooikloof is sedert die begin van 2009 ’n satelliet–kampus van Lux Mundi. Die bediening is reeds goed gevestig, met eredienste elke Sondag om 09:00. Ná die dienste word daar lekker saamgekuier oor ’n koppie tee of koffie. Die gemeentekalender van Lux Mundi word gevolg, wat Doop, Nagmaal en ander groot aktiwiteite betref. Toerustingskursusse word na behoefte aangebied en verskeie groeigroepe funksioneer in Mooikloof. Die Deurloopnagmaal wat ook gereeld in Mooikloof gehou word, dra by tot die uitbou van die bediening in Mooikloof en word telkens as besonder geseënde gebeurtenis beleef.

 

Ongeveer 15 mense is betrokke by die oorhoofse bestuur van die bediening in Mooikloof. Hoewel baie Mooiklowers die kapel as hul geestelike tuiste beskou, is daar ook sterk deelname aan Pharos-uitreike en –aksies, gemeenskapsdiens, ensovoorts.

 

Alle inwoners van Mooikloof en ander belangstellendes (ongeag kerkverband) word hartlik uitgenooi om die dienste by te woon.

 

Weeklikse program

Sondae

09:00   Eredienste

13:30   Erediens in Sepedi/Zulu

Dinsdae

19:00   Erediens in Sepedi/Zulu

Groeigroepe vergader weekliks soos onderling ooreengekom.

 

 

 

 

Verantwoordelike leraar:

Ds. Marnette Jansen van Rensburg

Sel: 082 900 9312

E-pos: mjvrensburg@luxmundi.org.za 

 

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lux Mundi Gemeente om kommentaar te lewer!

Join Lux Mundi Gemeente

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service