EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Leraars

Die bedieningspan in Lux Mundi bestaan uit al die voltydse geestelike werkers in diens van die gemeente, met ander woorde, die dominees en ook ander geestelike werkers. Ons eerste taak is om die bedieninge van die gemeente te lei, te ondersteun en te bemagtig om hulle roeping na te kom.

 

Die bedieningspan in Lux Mundi bestaan uit al die voltydse geestelike werkers in diens van die gemeente, met ander woorde, die dominees en ook ander geestelike werkers. Ons eerste taak is om die bedieninge van die gemeente te lei, te ondersteun en te bemagtig om hulle roeping na te kom.

 

Om dit te kan doen, is goeie kontak noodsaaklik: 

 

  • Eerstens met God self wat ons vir hierdie taak geroep het. Hy is die Een wat ons koers aandui.
  • Goeie kontak met mekaar is ononderhandelbaar sodat ons altyd in dieselfde rigting trek en mekaar aanvul en ondersteun op hierdie pad.
  • Verder moet ons ook gereelde kontak behou met ons medewerkers in die bedieninge. Julle is ons vennote sodat ons God se roeping vir die gemeente kan uitvoer.
  • Kontak met ons lidmate is ook vir ons belangrik: om geestelik te begelei en te versorg.
  • En dan ook kontak met die omgewing waarin ons ons roeping moet uitleef. Ons bestaan immers nie vir onsself nie, maar om lig vir die wêreld te wees.

 

Die Bedieningspan van Lux Mundi is hier om te DIEN. Dit is die manier hoe hulle vir Jesus volg. Jesus het immers van Homself gesê dat Hy gekom het om te dien, nie om gedien te word nie, en dit is wat die predikante van hierdie gemeente ook wil doen. Omdat ons wil dien, kan baie van ons werk beskryf word as om "onder julle te wees":

  • ONDERRIG uit die Woord deur prediking, Bybelstudies, groeigroeptemas en in persoonlike gesprekke.
  • ONDERSKEI (saam met die ander leiers) wat die Here se wil vir die gemeente is.
  • ONDERSTEUN die bedieninge en hulle leiers.
  • ONDERVANG nuwe (en bestaande) lidmate sodat hulle 'n plek kry in die gemeente as geloofsfamilie en in die bedieninge.
  • Verskaf 'n geestelike ONDERBOU vir gemeentelede deur as mentors op tree op jou geloofsreis.
  • ONDERSKRAAG mense in nood of met persoonlike vrae deur pastorale sorg.
  • Die belangrikste van die Bedieningspan se ingesteldheid is egter dat hulle geheel en al ONDERGESKIK is aan die wil van die Here vir hulle lewens. 

 

Die waardes waarvolgens die Bedieningspan werk:

 

  • Ons spandeer tyd en energie daaraan om goeie verhoudings te bou en in stand te hou.
  • Ons is nie bloot kollegas nie, maar dra ook mekaar se belange op die hart.
  • As ons nie saamstem oor iets nie, praat ons dit uit.
  • Ons spandeer tyd om die Woord.
  • Ons spandeer tyd aan gebed: vir mekaar en vir die gemeente. 
  • Ons is daarop ingestel om mekaar te laat slaag.

VOLTYDSE LERAARS
Dr. Lourens Bosman

 

Bedieninge:

Leierleraar, Gemeenteraad, Bedryfspan, Finansies, Personeel, Mannebediening, Erediensbediening.

 

Adres:  Carstensingel 18, Garsfontein

Tel: (012) 998 9433

Sel: 082 839 8841

Faks: 086 678 8245

E-pos: lbosman@luxmundi.org.za

 

Dr. Johan Taute

 

Bedieninge:

Uitreik, Pharos & Gemeenskapsprojekte

 

Adres:  Edgarstraat 593, Garsfontein

Tel: (012) 998 9937

Sel: 083 608 4111

Faks: (012) 993 0093

E-pos: jtaute@luxmundi.org.za

 

Dr. Elsje Büchner

 

 

Bedieninge:

Groeigroepe, Inkomprosesse, Vroue-, Kommunikasie- & Kreatiwiteitsbedieninge.

 

Adres:  Villa Borzoi 28, Borzoistraat, Garsfontein

Tel: (012) 993 5418

Sel: 082 821 6889

Faks: 086 678 8244

E-pos: ebuchner@luxmundi.org.za

 

Ds. Sebastiaan van Dyk

 

Bedieninge:

Kleuter-, Kinder-, Jeug- en Gesinsbediening

 

Adres:  Mabula 21, Wekkerstraat, Moreletapark

Tel: -

Sel:  079 499 8790

Faks: (012) 993 0093

E-pos: svandyk@luxmundi.org.za

 

DEELTYDSE LERAARS

 

Ds. Marnette Janse van Rensburg 

 

Bedieninge:

Mooikloof, Pastorale bedieninge, Gebed

 

Adres:  Meanderlaan-wes 8, Boardwalk, Meander Estate

Tel: -

Sel:  082 900 9312

Faks: (012) 993 0093

E-pos: mjvrensburg@luxmundi.org.za

 

Ds. Paul Lübbe

 

Bedieninge:

Bejaardes

 

Tel: (012) 567 6878

Sel:  082 776 0851

Faks: (012) 993 0093

E-pos: jpahml@gmail.com

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service