EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Huwelike & begrafnisse

Huwelike

Indien die huweliksklokkies vir jou of iemand in jou gesin lui, kontak die leraar wat julle wil hê julle moet trou ten minste drie maande voor die tyd. Hy/sy sal dan persoonlik met die paartjie reëlings tref ten opsigte van huwelikskategese en die huweliksbevestiging self. Registrasievorms is by die kerkkantoor beskikbaar en moet asseblief voltooi word sodra die datum met die leraar bevestig is.

 

Begrafnisse

Skakel die begrafnisondernemer wat al die begrafnisreëlings namens u met die kerk, leraar, koster, orrelis en klankoperateur sal tref. Hulle sal ook die datum en tyd bevestig.

Na afloop van die begrafnis/roudiens is dit ook belangrik dat familie en vriende saam sal verkeer en ons as gemeente help graag hiermee. Ons voorsien koffie, tee, vrugtesap en toebroodjies gratis aan gemeentelede. Indien die familie iets meer substansieel verkies is hulle welkom om self te bring. Kontak vir Renier de Beer vir enige ander inligting of navrae.

 

Tee/koffie en verversings

Bedieningskoördineerder: Dora Scholtz

Tel: (012) 998 8801

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service