Lux Mundi Gemeente is 'n makrogemeente in die ooste van
Pretoria. Ons bedien die volgende woongebiede: Garsfontein,
Woodhill, Mooikloof en The Wilds. Lux Mundi beteken "Lig vir
die wêreld" en wil graag 'n verskil in die gemeenskap maak waarin
God ons geplaas het. Daarom posisioneer ons onsself as 'n kerk in
en vir die gemeenskap. Ons het 5000 lidmate. Die gemeente
word bedien deur vier voltydse leraars en twee deeltydse pastorale
leraars.
|
Die frase 'lux mundi' (lig vir die wêreld) kom drie maal in die
Latynse vertaling van die Nuwe Testament voor.
"Ek is ...", "julle is..."
In Johannes 8:12 en 9:5 sê Jesus dat Hy self die lig vir die
wêreld is, en in Matteus 5:14 sê Hy dat sy volgelinge die lig vir
die wêreld is.
Ons gemeentenaam wil iets herhaal van Jesus se
woorde:
• Daar is geen ander lig vir die wêreld as Jesus
nie. Hy is die lig wat elke mens verlig.
• Maar ons verstaan ook dat Hy ons roep om Sy lig in
die wêreld te weerkaats.
• Ons naam sê dat ons hierdie roeping toe-eien en
ernstig opneem.
|
|
Naam van die gemeente:
Lux Mundi. Dit beteken: 'Lig vir die wêreld'. Dit is God se opdrag
vir ons in Matteus 5:14 en Johannes 8:12.
Dissipel te wees:
Die figure dui die ons as dissipels aan. Hulle is verskillende
groottes. Dit dui op twee sake. Almal, groot & klein is
dissipels. Verder dui dit ook op die hegte insluitende
geloofsfamilie. Die dissipels staan teen die agtergrond van ‘n stad
en kerk. Ons is orals dissipels: by die kerk, by die huis en by die
werk.
Hegte, insluitende geloofsfamilie:
Die figure is verskillende groottes: almal is deel van die
geloofsfamilie. Die een figuur staan alleen links van die kruis.
Die figuur regs van die kruis strek sy arms uit na hierdie figuur
om hom/haar nader te trek en deel van die geloofsfamilie te maak
(daar word dus uitgereik na dié wat alleen staan).
Wat dissipels maak:
Die onderste deel van die sirkel is in die vorm van ‘n skuit –
dissipels is immers vissers van mense! Ons moet gaan dissipels
maak!
Kruis:
Die kruis staan bokant die sirkel uit. Die kruis as die
genadesimbool staan sentraal in alles wat ons doen. Ons doen alles
vanuit God se genadige liefde en uit dankbaarheid.
Leuse:
Ons leuse sê presies wat ons visie, naam en logo sê: Lig vir die
wêreld!
Kleur:
Goue lig: Simboliseer die lig en die Lig.
Koningsblou: Dit is in die kerklike tradisie die kleur van
Kerstyd. Dit is die tyd van die koms van die Lig.
Groen skuit: Groen is in die kerklike tradisie die kleur van die
Koninkrykstyd, die tyd wat God ons stuur om te doen.
Rooi-maroen kruis: Die kleur van lyding.
|
