Gemeentekompleks
Die gemeente beskik oor verskeie fasiliteite wat gehuur kan word
deur gemeentelede en nie-gemeentelede. Daar is ook ’n goed
toegeruste kombuis. Daar is voldoende breekware vir 200 persone
beskikbaar. Indien u enige navrae oor die gebruik van die kombuis
het, kan u die Bedryfsbestuurder kontak.
Om die oop- en toesluit van die fasiliteite te vergemaklik,
beskik die gemeente oor die dienste van ’n naweekkoster en
aandkoster. Die naam en selfoonnommer van die koster aan diens word
vertoon net buite die voordeur van beide die Gemeentesentrum en die
Jeugsentrum en ook binne die kerkkantoor. Skakel asseblief die
koster aan diens wanneer u van die lokale gebruik maak en gereed
staan om te vertrek sodat hy/sy kan kom toesluit.
Aandkoster:
Annalie Taute sluit
saans ons geboue toe nadat almal klaar vergader en geoefen het.
Sel: 083 654 8845
Naweekkoster:
Willem van der Hoven
sorg dat ons fasiliteite oor naweke oop- en toegesluit word.
Sel: 084 283 2731
Só werk ons saam met mekaar
- Tref asseblief reëlings tydens kantoorure, Maandag tot
Donderdag: 08:00–16:30 en Vrydag 08:00–13:00. Die besprekingsboek
is slegs in die kantoor beskikbaar.
- Telefoniese besprekings moet opgevolg word met ’n skriftelike
bevestiging. Lees ook die “ Algemene Riglyne en Reëls”, wat deel
uitmaak van die besprekingsvorm, ten einde te weet wat is
toelaatbaar op die kerkperseel. Die besprekingsvorm kan
per e-pos of faks gestuur word. Die vorm is ook op die webwerf
beskikbaar.
- Die volgende inligting moet asseblief by bespreking verskaf
word: datum, tyd, lokaal, aantal tafels en stoele benodig, ekstra
toerusting (soos klank of dataprojektor) benodig. Sê asseblief ook
wanneer oop- en toegesluit moet word. Onthou om in jou begroting
ekstra voorsiening te maak indien ’n klankoperateur benodig gaan
word vir jou funksie.
- Kerklike funksies, vergaderings en aktiwiteite geniet voorrang
bo privaatbesprekings.
- Bespreek reeds aan die begin van die jaar as die datum
beskikbaar is om teleurstelling te voorkom.
- Staande reëlings soos gebedsbyeenkomste, Abida-oefening,
orkeste, ensovoorts moet asseblief gekanselleer word as byeenkoms
nie gaan plaas vind nie.
- Die Jeugsentrum is nie in die week tydens kantoorure beskikbaar
nie.
- Kragtens ’n Bedryfspanbesluit, word geen kerk- of
kombuistoerusting uitgeleen of uitgehuur nie.
- Vir groter funksies is ’n gesamentlike beplanningsvergadering
met die bedryfsbestuurder en Bedieningsleier ten minste een maand
voor die datum van funksie noodsaaklik.
- Die dek van tafels, aankoop en rangskik van blomme, aankoop van
kerse en servette, opskep en afdek is die Bedieningsleier se
verantwoordelikheid..
- Opruim en opwas is die bediening wat die funksie reël se
verantwoordelikheid, tensy ’n ander reëling een week vooraf met die
bedryfsbestuurder getref is. Hierdie reël geld slegs na-ure en
Saterdae – die diens is nie op weeksdae beskikbaar nie.
- Maak asseblief seker van die toerusting en fasiliteite wat
beskikbaar is wanneer jy die funksie beplan – die kerk het
byvoorbeeld nie ronde tafels nie!