As daar nou een ding is wat ons die afgelope tyd geleer het, is
dit dat geld en geloof nie van mekaar losgemaak kan word nie.
Dit verg geloof om te begroot vir die werk van die gemeente as
die land en die wêreld in 'n resessie is. Dit verg waagmoedige
geloof om uitreike te laat voortgaan as die gemeente in die rooi
is. Dit verg geloof by lidmate om aan te hou gee vir die werk van
die Here as jy om jou sien hoe lyk die land se ekonomie. Die
resultaat is egter dat ons almal geleer het om die Here beter te
vertrou en om ons prioriteite en geldsake beter in lyn te kry met
sy wil.
In die gemeente het ons geleer om rande en sente nog versigtiger
te bestuur en om uiters verantwoordelike rentmeesters te wees. Ons
het gesien hoedat die Here sorg dat sy werk voortgaan. En ons het
gesien hoedat lidmate gee op maniere wat jou aan die hart gryp.
Jou bydrae maak 'n verskil. Dit is deel van iets wat baie groter
is as Lux Mundi-gemeente. In die bestuur van die gemeente se
finansies weet ons dit: hier gaan dit oor God se koninkryk wat moet
kom, sy Naam wat verheerlik moet word en sy wil wat moet
geskied.
Hoe kan ek my bydrae maak?
Ons glo dat ons geestelik volwasse lidmate het wat self
verantwoordelikheid vir hulle dankoffers sal neem. Daarom
gaan haal ons nie bydraes by mense nie, maar het die volgende
stelsels wat u kan help om u dankoffer maklik en veilig te
gee.
’n Debietordervorm is op die webwerf (onder die skakel
“vorms”) en by die inligtingstoonbank beskikbaar. Gebruik dit om ’n
nuwe debietorder te aktiveer of om u bestaande debietorder te
verhoog. Debietorders maak die bestuur van die gemeente se
finansies baie makliker.
Daar is dankofferkoeverte in die voorportaal. Plaas u
dankoffer daarin, dui die bedrag/bedrae aan en gooi in die
offergawesakkies tydens kollekte.
Baie mense maak deesdae gebruik van elektroniese
oorbetalings.
Vir stap-vir-stap-aanwysings om die gemeente as begunstigde te
skep kan ook u na die skakel “vorms” gaan. Bydraes kan ook
persoonlik by die finansiële beampte, Hester Oberholzer, in die
kantoor inbetaal word.
Bankbesonderhede:
Lux Mundi Gemeente
ABSA, Menlynpark (335 645)
2310 590 544
Bedieningsleier:
Guilluame Snyders
Sel: 082 652 7606
E-pos: guilluame.snyders@gijima.com

Finansiële beampte
Hester Oberholzer
Tel: 012 998 8801 (Ma–Vry, 08:00–13:00)
E-pos: finansies@luxmundi.org.za