EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Ampsdraers

Die AMPSDRAERS van die gemeente bestaan uit 'n korps van ouderlinge, diakens en leraars. Al die ampsdraers dien nie op die Gemeenteraad nie. Die bedieninge bepaal hulle eie leierskapstruktuur waarvolgens ampsdraers aangewys word, en dan word hierdie persone deur die Gemeenteraad verkies.


Die volgende persone dien as ouderlinge:

Lede van die Gemeenteraad.

Leierskap van die oorhoofse bedieninge.

Omsieners van die groeigroepe, pelgroepe en die kinderbediening se kleingroepe.

Voltydse geestelike werkers in diens van die gemeente.

Pastorale leraars.

 

Die volgende persone dien as diakens:

Leiers van die ondersteuningsdienste.

Leiers van die bedieninge in 'n ondersteunende hoedanigheid soos die bedieningskoördineerders, bedryfsbestuurder en finansiëlebestuurder.

 

Die korps van ampsdraers van die gemeente is dus groter as die Gemeenteraad. Die taak van die ampsdraers wat nie op die Gemeenteraad dien nie is in die eerste plek om leiding te gee in hulle onderskeie bedieninge en ondersteuningsdienste. Die omsieners het ook 'n belangrike taak om die groepleiers te versorg en toe te sien dat dit goed gaan met die groepe. Almal saam het dan ook die verantwoordelikheid om te help toesig hou oor die gemeente.

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service