Die administrasie van die gemeente word deur ‘n span behartig wat verstaan dat die werk wat hier gedoen word ook belangrike koninkrykswerk is. Die dominees word deur Bedieningskoördineerders ondersteun. Die Bedryfsbestuurder is verantwoordelik vir die bedryf van die gemeente se ondersteuningsdienste en die Finansiële Beampte sien toe dat die gemeente se boeke gedoen word. Die Ontvangsdame/Registerhouer is die vriendelike stem en gesig wat jou eerste ontvang en sorg ook dat ons databasis op datum is. Sonder hierdie span toegewyde personeel sal die gemeente nie kan funksioneer nie.
Kantoorure:
Die kerkkantoor is Maandae tot Donderdae vanaf 08:00–16:30 en Vrydae vanaf 08:00–13:00 oop. Nie alle personeel is gedurende hierdie ure beskikbaar nie. Raadpleeg die lys hieronder vir die werksure van die verskillende afdelings.
Personeel en hulle spesifieke kantoorure
As jy met ons wil kontak maak:
Tel: (012) 998 8801 / (012) 993 5024 / (012) 993 5486 / (012) 993 1449
Faks: (012) 993 0093
Algemene e-pos: info@luxmundi.org.za
Webwerf: http://www.luxmundi.org.za/ ;
Posadres: Posbus 38236, Garsfontein-Oos, 0060
Straatadres: Florisstraat 685, Garsfontein
GPS-koördinate (soos by kerktoring): S25° 47.619’ E28° 18.584’
Administratiewe Personeel
Bedryfsbestuurder: Renier de Beer
Epos: besprekings@luxmundi.org.za
Maandae–Donderdae: 08:00–16:30, Vrydae tot 13:00
Finansiële beampte: Hester Oberholzer
Epos: finansies@luxmundi.org.za
Maandae–Vrydae: 08:00–13:00
Bedieningskoördineerder – Groeigroepe (dr. Elsje Büchner)
Mannebediening & Leier- leraarfunksies (dr. Lourens Bosman): Jeanne Janse van Rensburg
Epos: groei@luxmundi.org.za & info@luxmundi.org.za
Maandae–Vrydae: 08:00–13:00
Bedieningskoördineerder – Erediensbediening, Inkomprosesse, Kommunikasie, Kreatiwiteit & Vrouebediening (dr. Elsje Büchner): Vakant
Epos: erediens@luxmundi.org.za
Maandae–Vrydae: 08:00–13:00
Bydrae vir Bulletin
Afkondigings vir die Bulletin moet teen Dinsdae om 10:00 in wees (erediens@luxmundi.org.za).
Bedieningskoördineerder – Noodsorg & Uitreik (dr. Johan Taute): Marlene Coetzee
epos: info@pharos.org.za
Bedieningskoördineerder – Jeug (ds. Sebastiaan van Dyk): Willemien Lucas
Epos: jeug@luxmundi.org.za
Maandae–Vrydae: 08:00–13:00
Ontvangs, registerhouer, Bedieningskoördineerder – Gebed, Pastoralebediening & Begrafnisse:
Dora Scholtz
Epos: lidmate@luxmundi.org.za
Maandae–Donderdae: 08:00–16:30, Vrydae tot 13:00
Laat weet ons as jou besonderhede verander
Mense is geneig om orals hulle selfoonnommer, e-posadresse, posadresse ensovoorts te verander behalwe by die kerk. Stel ons asseblief in kennis as jou kontakbesonderhede verander! So kan ons ook met jou in kontak bly. Daar is ’n aanlynvorm op die webwerf beskikbaar wat jy kan invul. Dit is maklik en vinnig.
Webmeester:
Bydraes vir die webwerf moet teen Woensdae om 12:00 ingestuur word na web@luxmundi.org.za.
Tel: (012) 998 8801
E-pos: web@luxmundi.org.za
Skoonmakers
John Maswangange, George Lekgwathi & Liesbet Ndobo hou die geboue en tuine mooi netjies sodat ons maklik met mekaar en die Here kan kontak maak!