EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

doop

God se verbond met ons

 

Doopsondae

Doopsondae is steeds soos gewoonlik op die eerste Sondag van elke maand, behalwe in Desember, waar dit die tweede Sondag is. Deur die doop word ons in die geloofsgemeenskap ingelyf. Daarom bedien ons die doop binne die geloofsgemeenskap se normale byeenkomste by die eredienste.

 

Doopgesprekke

Voornemende doopouers moet asseblief daarop let dat daar slegs 6 doopkursusse deur die loop van die jaar sal wees. Ons doen dit omdat die aantal doopgesprekke per siklus meer is en die dinamika binne ’n groter groep beter vir gesprekvoering is. Die doopkursusse vind op Sondagmiddae plaas met die finale doopgesprek op 'n Dinsdagaand. Die presiese datums is duidelik op die jaarprogram aangedui. 'n Volledige opsomming kan elders op hierdie bladsy en onder die hofie "vorms" afgetrek word. Die bywoning van die doopkursusse is verpligtend.

 

Wat is die implikasies van hierdie reëling? As u byvoorbeeld in April wil doop, sal u gedurende Januarie of Februarie die doopkursus moet voltooi. As u gedurende Junie of Julie wil doop, kan u gedurende Januarie, Februarie of Mei die doopkursus voltooi, ensovoorts. Die finale doopgesprek vind altyd die week voor die doop plaas sodat u die predikant wat die doop gaan bedien, kan ontmoet en finale reëlings getref kan word. Voornemende doopouers kan die kursus enige tyd van die jaar voltooi; dit moet net voor die doop van u kind wees.

 

Registrasie

Daar is doopvorms op die webwerf beskikbaar wat asseblief ingevul moet word. Dora Scholtz sal u help om u lidmaatskapvorms op te spoor indien dit nog nie hier is nie. Een van die vorms gaan oor u geloofsreis. U sal sien dat dit baie vertroulik hanteer sal word. Verskillende doopouers is op verskillende plekke op hulle geloofsreis wanneer hulle vir die doop aanmeld. Hierdie vorm sal ons help in die pad wat ons met u sal stap. Alle doopouers gaan deur ’n proses van voorbereiding, maar die prosesse kan verskil. Die leraar verantwoordelik vir doop sal met elke doopouer individueel hieroor kommunikeer.

 

Indien u nog nie belydenis van geloof afgelê het nie en wil doop, sal ons eers ’n pad met u stap sodat u eers belydenis van geloof kan aflê alvorens u kind gedoop kan word.

 

Let asseblief daarop dat ouers se lidmaatbewyse by die kerkkantoor ingehandig moet wees alvorens hulle kan doop. Doopouers van ander kerke behalwe die NG Kerk, moet asseblief self hulle bewyse aanvra.

 

Mooikloof

Aangesien Mooikloof ’n kampus van Lux Mundi Gemeente is, geld dieselfde reëlings vir persone wat by die Mooikloof–kapel wil doop.

 

Neem van foto’s tydens doopdienste

Ons wys graag ’n foto van julle kleinding tydens die doopdiens aan die gemeente – stuur dit asseblief, indien moontlik, elektronies na die kerkkantoor na lidmate@luxmundi.org.za. Sorg asseblief dat die foto die kerkkantoor op die laatste die Maandag voor die doop bereik. Ouers is welkom om foto's te laat neem tydens die doop, mits die volgende riglyne gevolg word:

 

* Die fotograaf kan in die voorste ry sit.

* Hy/sy moet bly sit tydens die doopbediening.

* Geposeerde foto's: reël asseblief vooraf met die predikant om na die tyd foto's te neem.

 

Indien u enige verdere navrae het, skakel gerus vir dr. Elsje Büchner by 082 821 6889 of stuur ’n e–pos na ebuchner@luxmundi.org.za.

 

Klik hier om 'n volledige uitdruk van alle registrasie- & kursusdatums vir doop gedurende 2012 af te trek.


2012 - Doopvorms


LW: Registrasievorms is ook by die kerkkantoor en op Sondae by die inligtingstoonbank beskikbaar. 

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service