EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Inligting

Vrouebediening

Die vrouebediening sien na die unieke geestelike behoeftes van vroue om.

Lede: 5
Nuutste Aktiwiteit: Jun 10, 2011

Vroue aanbid en dien God en bemoedig mekaar

Daar word baie eise aan vroue gestel en vroue moet baie rolle vervul. Die vrouebediening sien na die unieke geestelike behoeftes van vroue om. Op die Vrouebediening se kalender vir 2011 kan jy uitsien na:

  •  'n Oorwinningsfees op die 5de Maart. Spreker: Esté Geldenhuys
  • Bybelstudie elke Donderdagoggend om 09:30 in die Bosaal, gedurende die kwartaal. Bybelstudieleier: Susan Coetzee; Tel: (012) 993 2742
  • Pitkos-byeenkomste van geestelike verryking aangebied deur Ronell Burger. Presiese datums is op die kalender aangedui (7 Donderdae om 19:30).
  • Is jy 'n werkende ma wat met geloofsvrae worstel of sit jy met jou hande in jou hare oor jou kind en wil jy net met 'n mede-gelowige praat/gesels of gedagtes wissel oor dit wat in jou hart leef? Ons het 'n blog begin waar jy met ander vroue kan gesels oor jou geloofs– en hartsvrae.  Gaan besoek geruswww.12goingon20.com en kom gesels saam! Jy kan in Afrikaans of Engels skryf. Kom ons vorm 'n unieke Christennetwerk!
  • Vrouekamp, 29–31 Julie by Effata–kampterrein. Kom word stil en bederf jouself!

 

 

 

Verantwoordelike leraar: 

Ds. Elsje Büchner
Tel: (012) 993 5418
Sel:082 821 6889
E-pos: ebuchner@luxmundi.org.za

 

 

 

 

 

 

 

Bedieningsleier:
Marna Maré
Tel: (012) 998 6709
Sel: 082 378 3874
E-pos: jakarandapark@iburst.co.za

 

 

 

 

 

 

 

Bedieningskoördineerder:

Adrinette Maartens
Tel: (012) 998 880
E-pos: erediens@luxmundi.org.za

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Elsje Büchner Kommentaar deur Elsje Büchner op 8 Maart 2011 om 22:01

Hoekom kuier vroue so graag saam? Is 'n vrouetee by 'n kerk nie net 'n luukse nie? Ek dink baie oor hierdie vraag na.

Lux Mundi se vroue het Saterdag 5 Maart heerlik saam gekuier in die Jeugsentrum. Daar het 'n klomp dinge gebeur wat my opgeval het:

* tipies vrou het ons met ons oë én beursies by die stalletjies gekoop

* daar was 'n vrolikheid in die Jeugsentrum soos vriendinne saam gekuier en gesels het

* ons kon ons verlustig in Chrisna de Bruin se engelstem

* ons is tot dieper nadenke gestem deur Esté Geldenhuys se inspirerende boodskap "God maak 'n pad waar daar nie 'n pad is nie"

* ons kon saam bid in die gees van Wêreldbiddag vir Vroue en het iets beleef van wat vroue voor God se troon wou lê.

Maar Lux Mundi se vroue het ook die nood van die gemeenskap raakgesien en binne 'n paar minute R1740 vir die kospakkieprojek vir werkloses van Pharos Gemeenskapsentrum ingesamel.

Die oggend het bewys dat dit nodig is om saam te kuier, te lag, te bid, te luister, maar ook vir ander te gee. Dit is immers wat familie vir mekaar doen.

Lux Mundi Kommentaar deur Lux Mundi op 10 Junie 2011 om 16:59

Dit is weer tyd vir ons tweejaarlikse Vrouekamp. Die sanger, skrywer en woordkunstenaar, Annalise Wiid is weer ons geestelike leier en spreker. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik hier om jou inskrywingsvorm vir vanjaar se Vrouekamp saam met ...

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Vrouebediening om kommentaar te lewer!

 

Lede (5)

Denise Stols Riana Venter Adrinette Maartens Elsje Büchner Lux Mundi
 
 
 

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service