EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Hiermee ‘n kortlikse verslag oor die vordering met die projek en versoeke vir verdere ondersteuning :

• Lux Mundi ondersteun gemiddeld 26 kleuters ( R93600/300/12) vir die jaar

• Tot dusver het ons binne en buite die gemeente fondse/ondernemings gewerf vir ‘n addisionele 27,75 kleuers gemiddeld (eenjaar, 6mnde en 3mnde – selfs een bydrae vir 3 jaar) – Loof die Here !!

Ons behoeftes :

• Dankbetuiging aan ons Hemelse Vader vir sy getrouheid !

• Dankbetuiging aan almal wat kleuters aangeneem het – ook vir die 2 groeigroepe!

• Ons benodig nog Finansiering vir 16,25 kinders gemiddeld @ R300 per maand.

• Ons benodig 26 lidmate/aanneem ouers om vir die 26 Lux Mundi kleuters te bid (geen geldelike bydraes nie) – wat van al die oumas en oupas in ons gemeente wat kan bid?

• Ons benodig nog groeigroepe om die voorbeeld van die 2 wat reeds kleuters aangeneem het, te volg.

Ons het tot dusver 30 fototjies aan ouers/groeigroepe uitgestuur en wil graag die res (veral die 26 van Lux Mundi) ook toeken!

Seenwense,
Paul Bester

Namens die projekspan (Paul le Roux, Emile Hurter, Adriana Tollig & myself)

Kontak besonderhede: Paul Bester

(H) 012 9933050
(S) 082 8859859
e-pos: paul.bester@vodamail.co.za  of adriana.tollig@gmail.com


HOE KAN EK DEELNEEM?

Kliek hier en voltooi die bladsy...

 

Views: 10

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service