EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Lux Mundi

Pastorale bediening

Inligting

Pastorale bediening

Ons het ’n pastorale span wat bekwaam en gereed is om jou te help op jou geestelike pad.

Lede: 1
Nuutste Aktiwiteit: Feb 18, 2011

Welkom by die pastorale bediening groep

Ons het ’n pastorale span wat bekwaam en gereed is om jou te help op jou geestelike pad. Saam met die twee deeltydse pastorale leraars, het ons by die Pharos Gemeenskapsentrum vir Annalie Taute, ’n maatskaplike werker wat ’n professionele span sowel as vrywillige, opgeleide lidmate het wat met haar saamwerk. Ons bedien verskillende terreine soos siekes tuis en in die hospitale, senior lidmate, mense met beproewing, krisis en trauma; ook mense met ’n behoefte aan bemoediging en ondersteuning. Wanneer jy hulp nodig het of weet van iemand wat hulp nodig het, moenie huiwer om ons te nader nie. Indien jy ’n spesifieke leraar wil spreek, is jy welkom om hom/haar te skakel. 

  • Sê ons daarvan
    As ons nie weet nie kan ons nie help nie! Skakel die kerkkantoor en praat met Dora Scholtz of skakel die Pharos Gemeenskapsentrum direk, dan help ons so gou as moontlik.
  • Hospitaal
    Laat weet asseblief in watter hospitaal en wanneer jy opgeneem word. Die pastorale span of een van die leraars sal jou graag besoek.
  • Trauma 
    Die beradingspan by Pharos Gemeenskapsentrum is toegerus om te reageer wanneer jy ons nodig het. Veral wanneer jy ’n slagoffer van geweld is, wil ons dadelik daar wees vir jou, ook enige ander vorm van trauma.
  • Persoonlike probleme 
    Twyfel, vrees, depressie, eensaamheid, huweliksprobleme, probleme by die werk, gesinsprobleme ensovoorts. Die leraars is gereed om te help, anders kan jy ook na Pharos skakel waar ’n span kundiges jou kan bystaan. 
  • Ek wil help as vrywilliger
    “Ek kan ondersteun, bemoedig, nasorg vir siekes doen of senior lidmate bystaan.” Skakel asseblief die bedieningskoördineerder, Dora Scholtz, by die kerkkantoor. Vertel ons by watter diensgroep jy wil inskakel. 

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Pastorale bediening om kommentaar te lewer!

 

Lede (1)

Lux Mundi
 
 
 

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service