In die omskrywing van die omsiener lê die klem op hulle persoonlike kwaliteite, alhoewel hulle take ook moet aandag geniet. Die volgende is van belang:
* Persoonlike dissipline in lewensstyl en moraliteit,
* Die vermoë om sy familie goed te kan regeer,
* Gawes van onderrig,
* Goeie persoonlike verhoudings,
* 'n Goeie oordeel,
* Nie opvlieënd of kort van humeur nie,
* Iemand wat nie twis soek nie,
* Nie materialisties of gierig is nie,
* Regverdig,
* Toegewy aan God,
* Selfbeheersd, en
* Bekwaam om ander te leer.
Die omsieners vervul hul funksies ooreenkomstig die Bybelse beeld van die ouderling. Bybelse vereistes geld ook hier ten opsigte van die persoon van die omsiener.
- Hy/sy is die geestelike leier van die Omsienerskring en neem verantwoordelikheid vir die versorging van elke groeigroepleier en hulle gesinne, asook die hele Omsienerskring.
- Hy/sy modelleer ‘n voorbeeld van sorg en liefde vir sy groeigroepleiers.
- Hy/sy hou die visie van groei en die visie van die gemeente voor oë en skerp dit voortdurend in by sy/haar groep in.
- Hy/sy neem leiding by byeenkomste van Omsienerskringe.
- Hy/sy dien sy groeigroepleiers en hulle gesinne met gebede, telefoonoproepe en besoeke.
- Hy/sy moet ‘n verhouding bou met sy groeigroepleiers sodat hy sal weet hoe dit met hom gaan in sy/haar geestelike lewe, sy/haar stiltetyd, sy/haar voorbidding vir sy/haar groep en ook sy/haar persoonlike Bybelstudie.
- Hy/sy sal die groeigroepleiers aanspoor om in elke opsig ‘n voorbeeld te wees vanuit sy/haar lewe en ‘n getuie vir Christus te wees deur woord en daad.
- Hy/sy moet op hoogte wees van die groeigroepleier se hantering en fasilitering van sy/haar groep sodat hy hom kan ondersteun en motiveer.
- Hy/sy sal toesien dat die groeigroepleier nie verslap in sy toewyding nie, maar steeds sal volhard en sy allerbeste vir die groep sal gee.
- Hy/sy besoek die groepe in sy/haar Omsienerskring.
- Hy/sy verteenwoordig sy/haar Omsienerskring op die omsienersvergaderings.
Jy moet 'n lid wees van Omsieners - Groeigroepe om kommentaar te lewer!