EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Lux Mundi

Kommunikasie bediening

Inligting

Kommunikasie bediening

Dis nie wat ons sê nie, maar wat mense hoor.

Lede: 1
Nuutste Aktiwiteit: Feb 18, 2011

Welkom by Kommunikasie bediening

Dit is nie wat ons sê nie, maar wat mense hoor ...

Die kommunikasiebediening vervul hoofsaaklik twee rolle: Eerstens vervul dit ’n ondersteuningsrol om gemeentelede, sowel as die breër gemeenskap, van die visie, bediening en projekte van Lux Mundi bewus te maak en bewus te hou. Tweedens vervul dit ook 'n bedieningsrol om die lig van die Evangelie uit te dra.

Om dit te bereik, is daar verskeie kommunikasiemedia wat ons gebruik:

✞ Daar is die Bulletin, ons weeklikse nuusbrief wat tydens eredienste versprei word. In die Bulletin gee ons jou ook terugvoering oor gemeente–aksies.
✞ Sms'e word gebruik om lidmate op ’n maklike en informele manier van byeenkomste op hoogte te hou en te herinner.
✞ Besoek ons webwerf by http://www.luxmundi.org.za/ om allerhande interessante brokkies inligting te kry. Ons plaas ook gereeld artikels oor aktuele sake vanuit ’n geloofspespektief om jou te help om geloof en praktyk te integreer.
✞ Word vandag deel van ons E-posbediening en ontvang weekliks ’n stukkie hoop en pitkos vir daardie moeilike dae. Om die e-nuusbrief te ontvang, stuur asseblief jou besonderhede na lidmate@luxmundi. org.za. Onthou ook om ons daarvan in kennis te stel as jou e-posadres verander, anders kan ons nie meer in kontak met jou bly nie.
✞ Besoek die inligtingstoonbank na die oggenddiens om inskrywingsvorms, pamflette, die Kerkbode, Ligtydskrif en ander relevante brosjures af te haal. 'n Vriendelike dame van die kerkkantoor is altyd aan diens om jou te help of om jou navrae te beantwoord.

 

 

 

 

 

Verantwoordelike leraar:
Dr. Elsje Büchner
Tel: (012) 993 5418
E-pos: ebuchner@luxmundi.org.za

 

 

 

 

 

 

 

 

Bedieningskoördineerder:
Adrinette Maartens
Tel: (012) 998 880
E-pos: erediens@luxmundi.org.za

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Kommunikasie bediening om kommentaar te lewer!

 

Lede (1)

Lux Mundi
 
 
 

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service