Dit is lankal nie meer vanselfsprekend dat alle jongmense besluit om die Here te dien en lidmaat van Sy kerk te wees nie, daarom wil ons u graag help in die belofte wat u met sy/haar doop afgelê het om u kind te begelei tot lewende verhouding met Jesus Christus. Alhoewel hierdie taak primêr u verantwoordelikheid is, wil ons u bystaan en ondersteun in die afronding van sy/haar besluit ten opsigte van lidmaatskap van die Ned Geref Kerk.
Ons wil baie graag sien dat jongmense wat hier belydenis aflê, ’n lewenslange verhouding met Jesus Christus sal hê en nie sal uitsak langs die pad nie. Iets wat in die pad hiervan staan is, die proses van die kategese wat eindig met die belydenisaflegging. Die probleem met hierdie tradisie is dat jongmense in ’n kultuur verval het waar die belydenisaflegging as ’n rite of passage (deurgangsritueel) of eindpunt in hulle betrokkenheid by die kerk gesien word.
Volgens die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is daar 3 voorwaardes vir openbare belydenis van geloof:
* Persoonlike verhouding met Jesus.
* Kennis van die Woord.
* Kennis van die gereformeerde tradisie.
Dit gaan dus oor die basiese boustene vir ’n lewenslange reis saam met Jesus Christus, en glad nie oor ’n wenpaal wat op ’n bepaalde ouderdom bereik word nie. Jongmense kan belydenis van geloof aflê wanneer hulle gereed is in hulle Gr. 10–12 jaar.
Wanneer die jongmens gereed is vir belydenisaflegging, moet hy/sy die volgende doen:
Rig ’n aansoekbrief aan die gemeente wat bestaan uit die volgende:
(1) persoonlike brief waarin die jongmens sy/haar persoonlike verhouding met die Here beskryf, asook sy/haar betrokkenheid by die gemeente;
(2) kort getuigskrif van sy/haar pelgroepleier/jeugmentor;
(3) ’n brief van u as ouer/s oor u kind se verhouding met die Here.
(4) 100% Bybelskool-bywoning en ingee van vier tuisopdragte.
VEREISTES VIR BYBELSKOOLINSKRYWINGS
Rig `n aansoekbrief aan die gemeente waarin die jongmens sy/haar persoonlike verhouding met die Here beskryf, asook sy/haar betrokkenheid by die gemeente. Nadat die brief ingehandig is, moet die jongmens 4 Bybelskole bywoon. 100% bywoning is `n vereiste alvorens belydenis afgelê kan word.
Bybelskool 1: Ontstaan van die Bybel en die boeke van die Bybel (3 afdelings).
Bybelskool 2: Tydlyn van die Bybel (2 afdelings).
Bybelskool 3: Leefwêreld van die Bybel (3 afdelings).
Bybelskool 4: Gereformeerde tradisie (3 afdelings).
Hierdie Bybelskole gaan in 2 siklusse in 2011 aangebied word. Eerste siklus op Donderdagaande vanaf 19:00 – 21:00 en die tweede siklus op Maandagaande, dieselfde tyd. Lokaal sal aangekondig word – hou afkondigings dop asseblief. Siklus 2 is `n herhaling van siklus 1, so die jongmense kan self hul datumkeuses maak soos dit vir hulle gemaklik sal wees.
SIKLUS 1
Bybelskool 1: 20, 27 Januarie en 3 Februarie 2011
Bybelskool 2: 10, 17 Februarie 2011
Bybelskool 3: 24 Februarie, 3, 10 Maart 2011
Bybelskool 4: 5, 12 en 19 Mei 2011
SIKLUS 2
Bybelskool 1: 25 Julie, 1, 10 Augustus 2011
Bybelskool 2: 22, 29 Augustus 2011
Bybelskool 3: 5, 12 en 19 September 2011
Bybelskool 4: 17, 24 en 31 Oktober 2011
Na die bywoning van die Bybelskole, moet die jongmens `n persoonlike gesprek met die Jeugleraar voer, asook `n onderhoud voor die Gemeenteraad oorleef.
DIE JONGMENS MOET TEN MINSTE 1 GEMEENTE-UITREIK BYWOON VOOR HY/SY BELYDENIS VAN GELOOF MAG AFLê!!!!
BELYDENISAFLEGGING
Daar moet asseblief gelet word op die sperdatums vir die aansoeke om belydenis te kan aflê.
Dit is die verantwoordelikheid van elke jongmens SELF om `n afspraak met die Jeugleraar te reël!!! Dit is ook jul eie verantwoordelikheid om toe te sien dat doopbewyse by die kerkkantoor is.
Daar is 4 geleenthede vir Belydenisaflegging in 2011:
Belydenisaflegging
|
Eredienstyd
|
Sperdatum
|
Pers. onderhoude 14:00 - 20:00
|
Gemeenteraad onderhoud 15:00
|
| 6 Maart |
17:00 |
14 Februarie |
22, 23 Februarie |
3 Maart |
| 8 Mei |
17:00 |
11 April |
19, 20 April |
5 Mei |
| 28 Augustus |
09:00 |
10 Augustus |
16,17 Augustus |
25 Augustus |
| 6 November |
17:00 |
17 Oktober |
25, 26 Oktober |
3 November
|