EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Inligting

Jeugbediening

Jongmense word gelei om in ’n lewenslange verhouding met die Here te staan.

Lede: 5
Nuutste Aktiwiteit: Mar 28, 2011

Welkom by die jeugbediening!

KLEUTER- EN KINDERBEDIENING


Dissipelland:
 Dit vind elke Sondagoggend tydens skoolkwartale plaas.
 Dit word in vier verskillende ontwikkelingsfases (3–4 jariges, 5–6 jariges, graad 1–3, en graad 4–6) aangebied. 
 Tydens die kinderkerk word die Bybel nie net op 'n kreatiewe wyse aan die kinders oorgedra nie, maar dit word ook relevant vir die kind van vandag se leefwêreld aangebied. Ons maak gebruik van `n tydlyn om die Storie van die Bybel vir ons kinders maklik verstaanbaar te maak en dit help hulle om die hele storie maklik te kan onthou.

Kleingroepies (die ou Sondagskool of kategese):
Dit vind direk na die grootgroepaanbieding plaas. In die kleingroepies word die boodskap van die grootgroep op 'n praktiese en relevante wyse vasgelê deur middel van bespreking, aktiwiteitsblaaie of speletjies. Hier leer die kinders om klein dissipeltjies te wees! Dit is ook vir ons baie belangrik om in hierdie groepies verhoudings te bou met die kinders en daar word genoeg tyd hieraan spandeer elke Sondag as hulle lekker oor `n glasie koeldrank of hot-chocolate gesels met hulle kleingroepleier. Dit is ook vir ons belangrik dat ons ouers en die kleingroepleiers mekaar goed moet leer ken deur die jaar.

WAAR KOM WIE BYMEKAAR?
• 3–4-jariges (Seeklassie): 09:00–10:30 by die kleuterterrein.
• 5–6-jariges (Woudklassie): 09:00–10:30 by die kleuterterrein.
• Graad 1–3's: 09:00–10:30 in die tent.
• Graad 4–6'e: 09:00–10:30 in die Jeugsentrum.

WAT GEBEUR NOG?

Gr 1–3 WOW-dag:
'n Jaarlikse instelling waartydens verhoudingsbou op informele wyse tussen die kinders en hul kleingroepleiers geskied. Hierdie geleentheid is een groot partytjie wat op 'n Saterdag of Vrydag middag vroeg in die jaar plaasvind.

Die groot jol (Graad 4–6 kamp):
Tydens hierdie kamp kry die kleingroepleiers en die kinders die geleentheid om verhoudings op 'n baie informele manier te bou. Op hierdie kamp word ook geestelik in die kinders se lewe belê. Dit is uiters belangrik dat kinders hierdie kamp bywoon omdat dit verhoudings versterk deur die jaar en regtig `n uitstekende basis vir werksverhoudings tussen kinders en kleingroepleiers skep.

Kinder Jol:
Dit is 'n vakansieprogram vir 'n week tydens die Junie/Julie skoolvakansie. Hierdie geleentheid poog om deur middel van pret, sport, drama, kreatiwiteit en woordverkondiging vir die kinders goeie goddelike lewensvaardighede te leer en ouers hoef nie bekommerd te wees oor hulle kinders in die vakansie nie.

Kinderpinkster:
Daar word elke jaar met Pinkstertyd ‘n geleentheid geskep vir kinders om Pinkster op hulle vlak te beleef. Ons kry dan ‘n uitstekende diensjaarspan of kunstenaar om vir ons in hierdie week by die skole gedurende die dag en by die kerk in die aande ‘n leersame en opwindende program aan te bied.

Kindernagmaal:
Dit is 'n besondere geleentheid een maal per kwartaal waartydens kinders saam met hulle ouer(s) nagmaal kan vier.  Hierdie dienste word alles op die kind se vlak aangebied en dit is groot pret vir jonk en oud.

 

KONTAKPERSONE:

Gr. 1-3-assistent:
Norma Ebersohn 
Sel: 083 333 2222

Hanlie Jansen van Rensburg
Sel: 083 973 9393 

Gr. 4-6-assistent:
Max van der Merwe
Sel: 072 594 7372

 

TIENERS

Celebration-dienste

Alternatiewe gesinsdiens. Elke Sondag om 17:00 asook tydens skoolvakansies, behalwe Desembervakansies.  
Pelgroepe na afloop van Celebration om 18:30. Klik hier om die brief vir Gr.7 pelgroepe en ouers te lees.

Uitreike vir 2010

JESUSFILMUITREIK-Sep

* TO–Stranddiens vir gr. 10’s tot jong volwassenes: 26 Maart – 6 April.
* Mpumalanga Jesusfilm–uitreik: September.
* RAGE–uitreik. Dien matrieks/studente tydens die RAGE–week in Margate. 
* DREAM-uitreike vir pelgroepe soos bepaal.

Pelgroepe

Jeug-omgeegroepe vir gr.7-12’s. Elke Sondag van die skoolkwartaal om 18:30.

CULTURE 316

Bediening vir jong volwassenes. Groeigroepe, socials, kampe en uitreike. 

 


 

 

 

 

 

 

 

 



Jeugleraar:

Ds. Sebastiaan van Dyk
Sel: 079 499 8790
Epos: svandyk@luxmundi.org.za

 

Bedieningskoördineerder:

Willemien Lucas
Tel: (012) 998 8801
E-pos: jeug@luxmundi.org.za 

Gespreksforum

Lux Mundi

Belydenisaflegging en Bybelskool 2011

Begin deur Lux Mundi Feb 20, 2011. 0 Replies

Dit is lankal nie meer vanselfsprekend dat alle jongmense besluit om die Here te dien en lidmaat van Sy kerk te wees nie, daarom wil ons u graag help in die belofte wat u met sy/haar doop afgelê het om u kind te begelei tot lewende verhouding met…Meer

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Jeugbediening om kommentaar te lewer!

 

Lede (5)

Lux Mundi William Turner Barry Smith Sebastiaan van Dyk Natasha van Dyk
 
 
 

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service