EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Groeigroepe kom in alle groottes en vorme. 

  • Die meeste van ons groepe is DISSIPELSKAP groepe waar gelowiges saamkom om te aanbid, die Bybel te bestudeer en mekaar te ondersteun. Baie van hierdie groepe is betrokke by een of ander bediening of uitreik, maar die belangrikste doel is geestelike groei. Die meeste van hierdie groepe bestaan uit mense met min of meer dieselfde soort gesinsamestelling: byvoorbeeld enkellopendes, gesinne met jong kinders of tieners of ouer mense. 

  • Sommige groepe is primêr besig met een of ander BEDIENING, en kombineer dit met 'n element van omgee, Bybel lees en saam bid.

  • Daar is ook 'n paar groepe wat hoofsaaklik fokus op BYBELSTUDIE.

  • Sommige groepe word saamgebind deur 'n belangstelling of spesiale behoeftes. 'n Voorbeelde van so 'n BELANGEGROEP is mense wat onlangs geskei is, maar dit kan ook dinge wees soos fietsry, fotografie of lapverf.

  • Dan het ons sommer 'n hele klomp nuwe groepe nodig wat daarop sal fokus om mense van buite in te trek. Hoor jy dalk die Here se roeping om so 'n groep vir SOEKERS te lei?

Ons gemeente se groeigroepe probeer die volgende kernwaardes uitleef:

G
: Geestelike groei van elke groeplid.
R: Reik uit na mekaar en na buite die groep.
O: Omgee vir mekaar.
E: Eenheid – om in 'n hegte eenheid te leef en mekaar te aanvaar.
I: Integreer jou Christenskap met jou hele lewe. 

Die meeste groepe kom weekliks bymekaar, op 'n tyd en plek soos dit hulle die beste pas. 
Jeanne Janse van Rensburg (Bedieningskoördineerder) sal baie moeite doen om vir jou 'n groep te vind waar jy kan tuiskom. Kontak haar gerus by (012) 998 8801 om by 'n groep in te skakel! 

Tags: Groeigroepe

Views: 7

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service