|
EREDIENSBESONDERHEDE Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien. |
PREKE Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister. |
BULLETIN Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. |
NOOMA REEKS 001 - Rain (Rob Bell) Tydsduur: 11 minute Dinge werk nie altyd uit soos ons wil hê dit moet nie of hoe ons dink dit behoort uit te werk nie. Somtyds sien ons nie eers die hou kom nie. Ons word uit die bloute getref deur een of ander soort pyn wat ons desperaat en hulpeloos laat voel. Dit is hoe die lewe is. Tog laat dit ons wonder hoe God al hierdie dinge met ons kan laat gebeur. Hoe kan God net toekyk en ons laat swaarkry? Waar is God wanneer dit regtig seermaak? Miskien is God nader aan ons as wat ons dink. Miskien is dit juis in hierdie situasies, wanneer dit lyk of alles tot niet is, dat God 'n geleentheid vind om ons te herinner hóé lief Hy ons werklik het. |
|
|
NOOMA REEKS 008 - Dust (Rob Bell) Tydsduur: 14 minute Om in God te glo is belangrik maar wat daarvan dat God in ons glo? Om te glo dat ons regtig die soort mense kan wees wat ons veronderstel is om te wees. Mense met liefde, medelye, vrede, vergewensgesindheid en hoop. Mense wat altyd probeer om die regte ding te doen. Mense wat elke dag reageer op die eindelose geleenthede om hulle ter wille van goed doen, vir skoonheid en vir waarheid. Dit is maklik vir ons om soms redelik hard op onsself te wees. Om te voel ons is "nie goed genoeg nie" of ons het nie dít wat nodig is nie. As ons miskien meer insig sou hê in die kultuur waarin Jesus groot geword het en sommige van die radikale dinge wat Hy gedoen het, sou ons kon verstaan watter geloof God in elkeen van ons het. |
|
NOOMA REEKS 009 - Bullhorn (Rob Bell) Tydsduur: 12 minute Naasteliefde: Jesus het inderdaad gesê dat die belangrikste ding in die lewe is om God lief te hê met alles wat jy het en jou naaste ook op dieselfde manier. Maar dit is nie altyd maklik om die mense rondom jou lief te hê nie, is dit? Ons verskil dikwels vurig van mense se politieke oortuigings, godsdienstige oortuigings, gedrag of wat ook al en dit maak dit moeilik om hulle lief te hê as ons voel ons is reg en hulle is verkeerd. Maar Jesus onderskei nie tussen om God lief te hê en om jou naaste lief te hê nie. Moontlik is die beste manier vir ons om ons liefde vir God te bewys eintlik om ons naaste lief te hê, al is dit soms hóé moeilik. Moontlik is dit die enigste manier. |
|
NOOMA REEKS 010 - Lump (Rob Bell) Tydsduur: 12 minute Baie van ons het al dinge gedoen waaroor ons baie skaam is. Party is klein goedjies, maar sommige van ons het regtig groot en verwoestende dinge gedoen. Sommige van ons het dinge wat ons onmiddelike familie of vriendekring nie eers van weet nie. Persoonlike "gemors" wat ons vir onsself hou sodat ons niks daaraan hoef te doen nie. Ons weet nie wat om daaraan te doen nie, weet ons? Ons is beangs dat as ons probeer maak ons alles net erger. Dit maak egter nie saak hoe groot ons "gemors" is nie, dit maak nie saak wat ons gedoen het wat 'n invloed het oor hoe ander mense oor ons voel nie of hoe ons oor onsself voel nie, dit het niks verander oor hoe God oor ons voel nie. God het ons lief, Hy was nog altyd en sal altyd wees, en daar is niks erg genoeg wat dit kan verander nie. |
|
NOOMA REEKS 011 - Rhythm (Rob Bell) Tydsduur: 12 minute In harmonie met God: Wat beteken dit om 'n verhouding met God te hê? Hoe lyk so 'n verhouding? Vir baie van ons is dit 'n moeilike ding om ten volle te begryp. As God 'n God met 'n oneindige Gees sonder fatsoen of vorm is, hoe kan ons daarmee identifiseer? En wat van Jesus? Hy het gesê hy kom sodat almal lewe in oorvloed kan hê. Hy het gekom om vir ons te wys hoe om te lewe. Dalk is dit deur op Jesus te vertrou en die tipe lewe te lewe wat Hy ons geleer het - 'n lewe van waarheid, liefde, regverdigheid, barmhartigheid, vergifnis en opoffering - dat ons 'n verhouding met God kan hê. Dalk is die manier wat ons elke dag lewe, elke liewe keuse wat ons maak, dít wat bepaal of ons in harmonie met God is. |
|
NOOMA REEKS 013 - Rich (Rob Bell) Tydsduur: ±12 minute Daar is 'n gewilde bufferplakker wat lees “God Bless America”, maar is Amerika nie alreeds ge”bless” nie? Dit is maklik vir ons om in 'n gedagtegang te verval dat “ons” beeld van die wêreld dié wêreldbeeld is, want dit is al wat ons oor die algemeen sien. Ons word konstant gebombardeer met beelde van die nuutste style en modelle van elke ding en dit kan ons maklik met 'n gevoel laat dat wat ons het nie goed genoeg is nie, want ons sien mense wat méér as ons het. Maar hoe vergelyk dit wat ons het met dit wat die res van die wêreld het? Dalk is dit wat ons het tog genoeg; dalk meer as genoeg. Dalk het God ons geseën met dit wat ons het sodat ons juis ander kan seën deur dit wat ons het ook vir hulle te gee. |
|
NOOMA REEKS 019 - Open (Rob Bell) Tydsduur: ±12 minute Baie van ons het al as ons bid ervaar dat God nie geluister het nie. Ander kere het ons gebid, of iemand anders wat ons ken het gebid, en die situasie het verander. Soms, maar nie altyd nie? Of is dit dalk dat God altyd gebed beantwoord, maar dat God soms ook nee sê? Sommige van ons is kwaad vir God omdat hy nie gebede wat ons al vir jare bid beantwoord het nie. Hoekom het hy hulle gebed beantwooord, maar nie ons s'n nie? Kan dit wees dat daar meer aan gebed is as dat God net luister en verhoor? As ons dalk verstaan hoe Jesus gebid het sal ons persepsies en verwagtings van gebed verander. |
|
NOOMA REEKS 020 - Shells deur Rob Bell Tydsduur: ±11 minute Ondervind jy dat jy dikwels sê, ”ek is te besig” of ”ek ek te veel om te doen”? Dit is baie maklik om deur afsprake, byeenkomste en taaklysies oorweldig te word. Wat doen ons regtig met ons tyd? Baie van ons hardloop van plek tot plek en dit lyk of die lewe by ons verby gaan. Ons doen so baie dinge, 'n bietjie van alles, en tog voel dit nie altyd na veel van 'n lewe nie. Meeste van ons vind dit baie moeilik om nee te sê. Ons voel verplig om ja te sê! Daar is so baie goeie dinge om te doen, so baie waardige sake om by betrokke te raak. Maar verloor ons nie die werklike goeie dinge terwyl ons met al hierdie dinge besig is nie? Dit is dalk tog makliker om nee te sê as ons weet wat dit beteken om ja te sê. |
Kontak ons groeigroep Bedieningskoördineerder, Jeanne Janse van Rensburg, by (012) 998 8801 om jou DVD te bespreek. Jy kan dit by die kerkkantoor of Sondae by die Inligtingstoonbankafhaal nadat jy reëlings getref het.
Tags: DVD
© 2012 Created by Lux Mundi.
