EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Hieronder is materiaal oor verskillende onderwerpe wat jy direk van die webwerf kan aftrek. 'n Kort beskrywing oor die onderwerp en die hoeveel lesse (weke) word vir jou gerief ook aangedui.

 

LUX MUNDI EIE REEKS: Ekstra materiaal

 

Tien boodskappe van hoop

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema: hoop

10 Lesse (40 bladsye)

Mense wat nie hoop het nie of hoop verloor het bestaan net voort. Jy kan die wanhoop in hulle oë sien. Hulle het die ware lewe verloor of miskien nog nooit gehad nie. Dit is waar van baie mense op aarde ongeag waar hulle is of wat hulle omstandighede is. Die verlossing wat Jesus Christus vir ons gelowiges gegee het bied die beste boodskap van hoop wat mense kan kry. Wat kan jy doen om die passie wat Jesus vir verlore mense het, na vandag se verlore mense uit te dra? Wat doen jy om die blye boodskap van hoop met ander mense te deel?  

 

 

Kersfees - wat herdenk ons?

Perspektief op kersverhaal 

1 of 2 Lesse (3 bladsye) 

Die opbou na Kersfees word meer en meer in die sekulêre wêreld benut vir bemarking. Kers-versierings verskyn al in Oktober in die winkels. Baie van hierdie versierings, produkte en musiek kam vanaf 'n vreemde kultuur met geen godsdienstige agtergrond nie. Wat maak ons as gelowiges met dit?

 

Trou is nie perdekoop nie

'n Bybelse perspektief op die huwelik

5-6 Lesse (15 bladsye)

In hierdie reeks kyk ons spesifiek na die huwelik, egskeiding en hertrou. Hierdie is 'n sensitiewe onderwerp waaroor daar baie meningsverskil mag bestaan. Opinies wat hierin vervat is moet sodanig gelees word en verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Lux Mundi of die groeter kerk nie. Hierdie studie probeer om met 'n gesindheid van liefde en so skrifgetrou as moontlik hierdie onderwerp te hanteer. Dit gaan fundamenteel om die eer van God en nie 'n wettiese navolging van Bybelse riglyne nie.

 

Verbondverhouding met God

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema: verbond

5-6 Lesse (10 bladsye)

Die Woord van God is die “lig”vir die lewenspad, die “kompas” vir die lewensreis waartydens gelowiges God se unieke droom vir sy of haar lewe self ontdek


 

Jesus se waardestelsel

Kort samevatting van nuwe testamentiese perspektief op morele norme, sedes en waardes.

1 Les (Leierhulpmiddel ingesluit) (10 bladsye)

Die bergrede gaan nie oor allerlei lofwaardige onmoontlike eise wat aan ons gestel word nie, maar kinders se liefdevolle verhouding met die Vader wat tot uiting kom wanneer gelowiges dóén wat God wil hê.

 

 

Tyd in perspektief

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema: Tyd

3 Lesse (10 bladsye)

God het tyd begin met die skepping van die heelal. Die mens het waargeneem dat dag en nag mekaar siklies opvolg en dat daar ook sikliese siesoenale verandering plaasvind. Die mense meet tyd fundamenteel as die duurte van die relatiewe geweging tussen die aarde en die son en sterre. God het die heelal geskep met 'n orde en ritme wat die grootheid van God verkondig.

Hierdie Bybelstudie help jou ook om jou prioriteite en gevolglike tydbenutting in perspektief te sien.

 

 

Ontplooiing van geloof

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met tema: Openlike Christelike lewe

9 Lesse (29 bladsye)

In hierdie reeks kyk ons spesifiek na hoe gelowiges openlik Christelik lewe deur die ontplooiing van geloof. Ontplooiing impliseer doelgerigyte beweging en aksie. Die fot op die voorblad (mobiusband) herinner ons dat die pad van groei in geloofskennis en geloofsverryking in Jesus goed gedefinieerd en alles insluitend is en hierd op aarde geen einde het nie. Jesus het gesê dat Hy die weg en waarheid is. Dit is soos om daagliks op die oppervlak van 'n wye mobiusband te loop. Deur net vorentoe te loop kan jy elke faset van die oppervlak (binne en buite) leer ken. Alhoewel die werk wat Jesus gedoen het alles insluitend en volledig is, het ons as gelowiges nog nie alles geleer van die volmaakte liefdes gesindheid wat in Jesus gesetel is nie. Ons kry daagliks nuwe kennis van Jesus en lewens ervaring by deur net vorentoe te beweeg. Die Woord of Bybel kan ook vergelyk word met die mobiusband. Ons loop op dieselfde “Woordpad” en ontdek daagliks nuwe fasette van die geloofslewe. Vir ongelowiges mag dit op die oog af lyk asof gelowiges in sirkels loop. Ons lees dieselfde Woord oor en oor. Die dieper waarheid is dat gelowiges doelgerig, ontdekkend en lerend die geloofspad saam met Jesus loop omdat die ontplooiing van ons geloof nie om onsself gaan nie. Deur in geloof te groei word ons meer en meer soos Jesus. 

 

 

 


As Hy weer kom

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die fokos op Jesus se wederkoms.

6-7 Lesse (18 bladsye)

Hierdie groeigroep bybelstudie fokus op Jesus se wederkoms, die profesieë en verwagting van gelowiges in die verband. Die vraag is of ons afgeheel hieroor dink? Sien ons werklik met verwagting uit na die dag? Bid ons dat Jesus moet kom? Is ons gereed om die dag voor Jesus te staan?

Jesus sal onverwags op die laaste dag op die wolke verskyn e elke knie sal voor Hom buig. 

Die titel van hierdie studiestuk herinner ons aan die kinderliedjie wat ons kleintyd gesing het: As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy Sy pêrels

 

Swaarkry en God se wil

LYDING

± 3 Lesse (9 bladsye)

God se universele Wil is dat die verhouding met Sy skepping weer herstel moet word. Dit is 'n proses waarvan net God die detail en tydraamwerk ken. Ons ontdek stelselmatig die prentjie soos wat God dit aan ons openbaar. Sy Seun het vir ons sondes gesterf. Gelowiges is deel van die stryd teen die satan op aarde. Jesus het belowe dat Hy weer kom om ons na die hemelse woning te neem om by God te wees. Satan sal dan finaal vernietig word. Tot dan leef christene in die omgewing waar die stryd woed. Dit is dus 'n dwaling om te dink dat gelowiges net voorspoed moet ervaar.

 

 

Vry van mannon

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema van materialisme.

4-6 lesse (7 bladsye)

God het die mens geskep met sekere behoeftes. Maslow het die behoeftes as ‘n hiërargie voorgestel. Sonder Jesus in ‘n mens se lewe, is die focus op die selfsugtige eie “ek” en word o.a. rykdom, kennis en mag nagestrewe. Met Jesus in ‘n mens se lewe is jy tevrede om te lewe met die focus op God. Timoteus spreek die basiese behoeftevlakke aan en waarsku da tons vry moet kom van materialisme.

 


Perspektief op die Heilige Gees

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die fokus op die Heilige Gees.

13 lesse (10 bladsye)

Een van die aspekte van hierdie studie is om iets te verstaan van die werk wat die Heilige Gees in die uitverkorenes begin, hulle lei na bekering en dan in hulle woon. Ons kyk ook wat bedoel word om die gawe van die Gees te ontvang en wat bedoel word met die “doop van die Heilige Gees”.

 

 

Gebed: asemhaling van die gelowige

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema: Gebed.

Gelowiges kan nie sonder gebed leef nie. In hierdie reeks word gebed in diepte ondersoek.

  

Hoe groot is God

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema: Ons begrip van God.

± 6 lesse (10 bladsye)

God is per definisie ‘n misterie. Ons kan Hom nie sien nie, nie beskryf nie, nog minder sal ons Hom ooit kan verstaan. Al waaroor ons kan praat, is hoe die Bybel Hom teken. Maar juis in hierdie tekening van God skiet mensewoorde tekort. Daarom gebruik die Bybel menslike beelde om in terme van ons eie verstaanshorison iets van God aan ons deur te gee. Hierdie verduideliking is dus onder meer beperk aan die metaforiese beskrywings van God en deur die ruimte tot ons beskikking.

 

 

Gelowiges en gehoorsaamheid

Samevatting van kerngedagtes om perspektief te gee van wat dit beteken om gehoorsaam te lewe.

±3-4 lesse (10 bladsye)

Beteken gehoorsaamheid aan God om maar net Christelike waardes uit te leef in hierdie gejaag na wind, soos dit ons pas? Is daar nie veel meer aan hierdie meer persoonlike verhouding van gehoorsaamheid nie? Is gehoorsaamheid aan God nie veronderstel om regtig deel van my alledaagse en ook my groot besluitnemingsprosesse te wees nie? Wie is regtig in beheer van my lewe?

 


Herlewing is 'n keuse vir God se lewenstyl

Samevatting van kerngedagtes van Jakobus 3:13-18.

± 1-2 lesse (6 bladsye)

In ‘n tyd waar wanhoop en wantroue in Suider-Afrika hoogtye vier a.g.v. morele, politieke en ekonomiese verval is die Here besig om vir Suid-Afrika se gelowiges nuwe hoop te gee. Hoekom sou dit wees? Anders as wat baie mense miskien mag dink, begin die kerk weer om ‘n helende invloed in die gemeenskap te hê. Die kerk word deir die Gees gelei na ‘n geleentheid vir geestelike herlewing. Watse rol behoort geestelike leiers in hierdie proses te vervul? Is jy in ‘n posisie om die boodskap van hoop van die Here te hoor en gehoorsaam te reageer?

 


Wat motiveer ons aksies as God se ligdraers?

Bevestiging van die kernwaardes van die gemeente uit die Woord

10 temas (38 bladsye)

As ‘n mens na die temas van hierdie studiestuk kyk, gee dit jou ‘n goeie idee waaroor die gemeente se kernwaardes gaan.

  1. Soek die Konininkryk van God as eerste prioriteit.
  2. Leef in persoonlike verhouding met God.
  3. Maak tyd en plek vir elkeen, want ons is almal belangrik vir God.
  4. Bewonder en respekteer die diversiteit van God se skepping.
  5. Koester die gemeenskap van gelowiges.
  6. Dra die lig van die Evangelie.
  7. Neem verantwoordelikheid vir dienswerk as geestelik volwasse lidmate.
  8. Aanvaar die jeug as volwaardige lidmate.
  9. Beoefen visoenêre leierskap.
  10. Reformeer binne die gereformeerde tradisie.

 


Dissipels van Jesus

Samevatting van kernboodskappe in die Bybel met die tema: dissipelskap.

'n Reeks oor dissipelskap.

 

 

 

 

 

Tags: Groeigroepmateriaal

Views: 295

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service