|
EREDIENSBESONDERHEDE Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien. |
PREKE Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister. |
BULLETIN Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. |
Hebreërs Die Hebreërgemeente was moeg, moedeloos, vol twyfel en ontreddering; baie soos ons vandag. Ons het ons moed en uitsig verloor. Party van ons begin selfs vra: Is daar werklik ‘n God? Is Hy nie maar net ‘n illusie waarmee goedgelowiges hulleself bluf nie? In sy diepgaande Bybelstudie oor Hebreërs antwoord Andrie du Toit hierdie vraag by monde van die Hebreërsskrywer; nie met ‘n rasionele verdediging van God nie, maar met ‘n fiere geloofsbelydenis. Hebreërs vir vandag wil aan die leser nuwe sekerheid, moed, vrymoedigheid en blyheid gee. Dit wil weer die gelowige se visie op Jesus Christus as Middelaar en Hoëpriester vestig. Met die bestudering van die twintig studies sal jy besef Hebreërs het ‘n kragtige boodskap vir vandag. Baie dinge het verander, maar Jesus Christus het dieselfde gebly. Hy was die antwoord vir die Hebreërgemeente; Hy is dit vandag nog vir ons. Hunker jy na ’n inniger verhouding met God? Wil jy graag meer geestelike groei ervaar? |
|||||||||||||
In 12 sleutels tot geestelike groei ontdek jy twaalf waarhede waaraan elke gelowige se geloofslewe gekenmerk moet word. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling en lidmaat van die kerk se geloofslewe moet lê:
Waneer jy hierdie waarhede in 12 sleutels tot geestelike groei bestudeer, sal jy wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal jou aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk. |
|||||||||||||
PRAYER: REMIX Louie Giglio 1. WHO’S BLESSING WHOM? 2. SUPERNATURAL LIFE INSIDE 3. THE PRAYER GOD ALWAYS ANSWERS Listen to the way you pray, and to the prayers of those around you, and you’ll hear these four tried en true phrases often – familiar words we’ve probably been saying over and over to God since we first learned how to pray. Yet, while these prayers are part of the Biblical journey, the fact that they dominate our conversations with God can indicate a me-centered faith that is distant from the New Testament adventure we are called to in Christ. ReMIXED prayers embrace these four concepts, while moving towards a healthier, God-centered prayer language that saturates our thoughts and words with the phrases, “Let Me Bless You”, “Live Through Me” and “No Matter What, Use Me.” A subtle shift based on radical truth. Potent prayers for a full life. |
|||||||||||||
NEW YEAR Louie Giglio 1. GOD IS FOR YOU 2. YOUR PART IN HIS PLAN It’s a New Year and God is for you. He’s committed to conforming you to the image of Christ, promising to use anything and everything that comes your way for His ultimate good in your life. It’s stunning, but true. Debt has been cancelled. Grace extended. The Spirit given. We are now the sons and daughters of God. And, even in suffering nothing can separate us from the extravagant love of God. Yet, we have a role to play in God’s amazing purpose for our lives. Though God is sovereign and in charge of all things, we are invited to participate in the plan He has for us. Our responses not only matter, they define who we are and afford us the ability to magnify Christ in all we do. It’s a New Year and God is for you... so choose well and make your life count for what matters most! |
|||||||||||||
Vier jou bevryding Paulus se brief aan die Galasiërs is tipies vurige Paulus, en geen wonder nie: Hy hoor dat die Galasiese gemeentes op die punt staan om weer in die wet en die besnydenis terug te val. En hy kan nie verstaan hoe iemand wat vryheid in Christus ontvang het, kan terughunker na die juk van wettisisme nie... Daarom dat hy die heerlike waarheid van ons vryheid in Christus beredeneerd kom uitspel sodat die Galasiërs weereens onder die indruk kan kom van wat gelowiges in Christus werklik ontvang het: ’n evangelie van genade, nie van die wet nie. Ook vandag is daar talle Christene wat hulle godsdiens as ’n beperkende voorskriftelike stel moets en moenies beleef. Met sy studie oo 31 dae kom wys Andrie du Toit vir gelowiges vandag wat die Galasiërs opnuut moes besef: dat ons in Christus vrygemaak is van voorskriftelikheid, van hierdie onvolwasse spiritualiteit. Vier jou bevryding fokus gelowiges se perspektief op die kern van die evangelie: Jesus het ons vrygemaak. Daarom moet ons soos ’n arend die ruimtes deursweef en ons vryheid só werklik vier. |
|||||||||||||
Wanneer God stilbly Wie van ons het nie al in swaarkrytye (of dalk selfs net swaarmoedige tye) aan Job gedink wat so deur ramp op ramp getref is totdat hy in moedeloosheid tot God uitgeroep het nie? En toe antwoord God vir Job met sy eie stel vrae wat Job nie kon antwoord nie en waardeur hy moes erken: God is God, groot en almagtig. Maar wie was Job nou eintlik? Sommige Bybelkenners meen hy is slegs ‘n karakter wat deur ‘n digter geskep is, volgens ander was hy ‘n werklike mens van vlees en bloed. Maar dit maak nie eintlik saak nie, want die boek Job gaan baie meer oor God as oor Job. In die boek Job leer ken ons ‘n God wat die magtige Skepper en Onderhouer van die ganse aarde is. Maar ook ‘n God wat elkeen van sy kinders se harte ken. ’n God wat omgee en verstaan en wag dat jy jou nie-verstaan-nie teen Hom uitwoed voordat Hy jou in sy groot liefde antwoord. In Wanneer God stilbly stel Johan Smit ons in 28 studies bekend aan die ware God. Ons kyk saam met hom in die spieël van onkundige arrogansie soos Job se vriende, en ons ervaar die vrede van weet dat al hoor ons nie altyd God se stem nie, Hy elke tree saam met ons is. |
|||||||||||||
Prediker (Marius Nel) Het jy die Bybelboek Prediker nog altyd probeer vermy? Daar wag ’n verrassing op jou as jy Prediker werklik leer ken... Prediker het ‘n reputasie as ‘n siniese boek vol neerdrukkende gedagtes. Dit is allermins die waarheid! In hierdie boek wys Marius Nel in 16 studies hoe Prediker eerder ‘n slim kommentaar op die misleidende leer van die ou Joodse wysheidsleraars is en dt dit eers regtig verstaan kan word as ‘n mens die konteks en agtergrond van die boek ken. Want die Prediker glo nie in maklike antwoorde, soos dié wat die wysheidsleraars gegee het, nie. Daarin lê die relevansie vir gelowiges vandag: Ons dink te maklik ons kan God dwing om ons te seën deur die regte ding te doen. God is heeltemal te groot om in die boksie te pas wat ons vir Hom vou! Eers nadat Prediker ‘n bietjie vir jou ontsluit is, besef jy dat dinge nie altyd is soos dit op die oog af lyk nie..... |
Tags: groeigroepmateriaal
Baie dankie Elsje. Dit lyk almal na puik boeke vir gebruik in die groeigroepe. Die inligting wat jy met ons deel is waardevol. Ons groep sal waarskynlik begin met 'Wanneer God stilbly". Daar is versoeke uit die groep dat ons die jaar begin deur na 'n ' bybelkarakter te kyk. Ek het die boekie reeds vanmiddag by Cum gaan koop. In die 'Vooraf' gedeelte word genoem dat dit nie hier gaan oor 'n baie besondere mens wat lank gelede geleef het nie, maar oor die manier waarop die lewende God vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van baie moeilike omstandighede.
Hi Elsje as ek na die boeke kyk is daar 'n paar wat my oog vang. Louie Giglio se boeke veral omdat hy 'n sg. 'grace' prediker is alhoewel hy self dalk nie die etiket sal wil hê nie. Die vraag wat ek wil vra is: waar staan LM tov hierdie sg. 'grace' evangelie? Weet jy iets daarvan af?
Hulle maak stellings soos:
Jy is nie onder die wet nie.
Jy hoef nie sonde te bely nie.
Geregtigheid is joune - dis 'n geskenk - hou op werk daarvoor.
Geestelike groei is nie jou verantwoordelikheid nie, los dit vir God.
Hou op om sonde te probeer oorwin, dit bemagtig net sonde in jou lewe.
Gesondheid, oorwinningslewe, lewensmiddele ens. is jou gewaarborg.
Die Gees oortuig ons nie van sonde nie maar van geregtigheid.
ens. ens. Dit lyk dus bietjie na 'n tipiese 'health & wealth' evangelie. Wat sê jy daarvan?
© 2012 Created by Lux Mundi.
