EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Inligting

Groeigroepe

Groeigroepe is klein geloofgesinne


Lede: 20
Nuutste Aktiwiteit: 15 Feb

Welkom by Groeigroepe

In Lux Mundi is dit vir ons uiters belangrik dat elke lidmaat iewers met ander gelowiges in diep en betekenisvolle verhoudings sal staan. Wêreldwyd gebruik God kleingroepe om in hierdie gejaagde en onpersoonlike tyd, gelowiges aan mekaar te bind as klein geloofsgesinne. Dit is ook hier by ons die sleutel om kontak met ander gelowiges te maak en in verhoudings te staan wat jou lewe sal verryk. Dit is nie God se idee dat jy alleen sal staan nie. 

Vir ons is dit belangrik dat dit vir jou maklik sal wees om kontak te maak met medegelowiges. Ons weet dat waar gelowiges in diep verhoudings met mekaar staan, dit ook in hulle verhouding met God reflekteer. 

Ons groeigroepe is egter nie net met mekaar besig nie, maar hulle is besig met dienswerk op verskillende plekke in die gemeenskap. Verder doen die groeigroepe ook elke Sondag diens gedurende die eredienste deur die offergawes op te neem en hulle sorg dat ons na die eredienste lekker gesellig kan saamkuier rondom 'n koppie koffie en tee. 

 

Groeigroepe bid ook vir mekaar en vir die gemeente.

 

Lees gerus die Groeigroepgonsnuus wat kwartaalliks versprei word sodat jy op hoogte bly van wat die groeigroepe doen en moenie huiwer om deel te word van 'n klein geloofsgesin nie – ons sal jou help om 'n plekkie te vind.

 

Ons groeigroepgonsnuusbriewe van die afgelope jaar:

 

Op hierdie bladsy onder die hofies "gespreksforum" sal jy die volgende inligting vind:

* DVD's wat jy vir jou groeigroepbyeenkoms kan uitneem (goeie DVD's asook Rob Bell se Nooma-reeks)

* Groeigroepmateriaal wat jy op die webwerf kan aftrek (sien 2 verskillende afdelings)

* Boeke wat jy in jou groeigroep kan gebruik

* Daar is groep vir die Omsieners

* Daar is groep vir die Groeigroepleiers

* Daar is 'n groep vir die Groeigroepbestuur waar jy ook vir ons boodskappe en voorstelle kan stuur. Ons wil saam met jou groei en is oop vir enige voorstelle van ons groeigroeplede.

* Jy is ook welkom om 'n groep op die webwerf vir jou groep te skep. Kontak gerus vir Elsje Büchner indien jy meer inligting hieroor verlang.

 

 

 

 

 

 

Bedieningsleier:

Riana Venter

Tel: (012) 998 5278

Sel: 082 564 4734

E-pos: riana@mediainafrica.co.za 

Verantwoordelike leraar:

Dr. Elsje Büchner

Tel: (012) 993 5418

Sel: 082 821 6889

E-pos: ebuchner@luxmundi.org.za

Bedieningskoördineerder:

Jeanne Janse van Rensburg

Tel: (012) 998 8801

E-pos: groei@luxmundi.org.za

 

Groeigroepbestuur

Nicojan Bornman, Kotie Pieterse, Maggie van der Merwe, Riana Venter, Jeanne Janse van Rensburg, Elsje Büchner

 

Geniet die kuier saam met ons!

 

Ander skakels:

Omsieners se eie groep

Groeigroepleiers

 

Gespreksforum

2012 Nuwe groepsmateriaal wat beskikbaar is

Begin deur Elsje Büchner. Laaste reaksie deur Johan Jordaan 7 Feb. 2 Replies

HebreërsDie Hebreërgemeente was moeg, moedeloos, vol twyfel en ontreddering;  baie soos ons vandag.  Ons het ons moed en uitsig verloor.  Party van ons begin selfs vra:  Is daar werklik ‘n God?  Is Hy nie maar net ‘n illusie waarmee goedgelowiges…Meer

Tags: groeigroepmateriaal

Groepe kan ook saamsing

Begin deur Elsje Büchner Mei 11, 2011. 0 Replies

Van ons groeigroepe het tydens Louis Brittz se optrede van sy “Selgroeplofprysings CD’s” gekoop en ek het terugvoering gekry dat dit groepe sommer baie help om in hulle lofprysing. Van ons groepe getuig dat hulle gejaagd van die werk af kom en dat…Meer

Tags: Groeigroepe

Reekse wat groepe kan doen

Begin deur Elsje Büchner Mei 2, 2011. 0 Replies

Hieronder is groeigroepmateriaal in die vorm van reekse wat groepe kan doen. Van die materiaal is gekoppel aan preekreekse of veldtogte wat in die gemeente plaasgevind het, maar nuwe groepe kan dit steeds met vrug doen. Kontak die…Meer

Materiaal wat groeigroepe kan gebruik

Begin deur Lux Mundi Mei 1, 2011. 0 Replies

Hieronder is materiaal oor verskillende onderwerpe wat jy direk van die webwerf kan aftrek. 'n Kort beskrywing oor die onderwerp en die hoeveel lesse (weke) word vir jou gerief ook aangedui. LUX MUNDI EIE REEKS: Ekstra materiaal …Meer

Tags: Groeigroepmateriaal

DVD's wat jy uit ons groeigroepmediabiblioteek kan uitneem

Begin deur Lux Mundi Feb 18, 2011. 0 Replies

 Faith like PotatoesVal en opstaan. ‘n Nuwe begin.Tydsduur: 111…Meer

Tags: DVD

Rob Bell se Nooma-reeks

Begin deur Lux Mundi Feb 18, 2011. 0 Replies

 NOOMA REEKS 001 - Rain (Rob Bell)Tydsduur: 11 minuteDinge werk nie altyd…Meer

Tags: DVD

Boeke wat in ons Groeigroepbiblioteek beskikbaar is

Begin deur Lux Mundi Feb 18, 2011. 0 Replies

 Praktiese Ouerskap - Hanteer kinderopvoeding met selfvertroueDr…Meer

Tags: Boeke

Wat is 'n groeigroep?

Begin deur Lux Mundi Feb 18, 2011. 0 Replies

Groeigroepe kom in alle groottes en vorme. Die meeste van ons groepe is DISSIPELSKAP groepe waar gelowiges saamkom om te aanbid, die Bybel te bestudeer en mekaar te ondersteun. Baie van hierdie groepe is betrokke by een of ander bediening of…Meer

Tags: Groeigroepe

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Groeigroepe om kommentaar te lewer!

 

Lede (20)

 
 
 

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service