EREDIENSBESONDERHEDE

Ons hou op Sondae ‘n verskeidenheid eredienste op verskillende plekke wat ruimte skep dat mense die Here met oorgawe kan aanbid. Klik hier om die jongste erediensbesonderhede te sien.

PREKE

Klik hier om ‘n mp3-weergawe van ons eredienste in die Gemeentesentrum af te laai. Preke kan op CD by die kerkkantoor bestel word. Gaan na Kontak ons, vorms vir ‘n pdf-lys van alle beskikbare preke wat by die kerkkantoor bestel kan word. Verder sal jy op die voorblad ook die jongste preke kry wat jy sommer so direk op jou rekenaar kan luister.

BULLETIN

Wonder jy wanneer gebeur wat? Om deel te wees van Lux Mundi beteken om gereeld in te skakel! Klik hier om die jongste pdf-weergawe van ons weeklikse Bulletin af te laai en bly op hoogte van Lux Mundi se werk in die Koninkryk. 

Vir die Gemeenteraad van Lux Mundi is dit 'n saak van groot erns dat Lux Mundi binne God se wil moet opereer. Daarom is gebed vir die Raad en vir elke lid afsonderlik, baie belangrik. By gisteraand se vergadering (25 Julie 2011) is baie tyd aan gebed gewy. Die volgende is geidentifiseer as behoeftes. (kom ons span saam as gelowiges om die teenwoordigheid van ons Here op te soek)

 

  GEBED VIR LEIERSKAP

  • Eenheid en samehorigheid, veral met breër leierskorps
  • God se wysheid om die gemeente se behoeftes te verstaan en om die gemeente saam te neem op God se pad
  • Om ‘n “interface” te wees tussen God se wil en mense wat Hom moet/wil volg
  • Moed om God se roeping vir Lux Mundi se leiers uit te voer

  GEMEENTE

  • Dat die gemeente God se gemeente sal wees (nie ons s’n nie)
  • Dat die geestesoë van gemeentelede só verhelder sal wees, dat hulle God se roeping kan ken (eintlik die hele gebed van Paulus in Ef 1)
  • Liefde vir mekaar; dat daar vergifnis en heling kan wees waar daar skeiding is
  • Versoening
  • Dat ons in eredienste sal fokus op ’n ontmoeting met God – dat dit nie om mense sal gaan nie
  • Lofprysing en deelname, vreugde om in God se teenwoordigheid te wees

  PRAKTIESE SAKE

  • Bid vir die predikante se onderlinge verhoudings en vir goeie verhoudings tussen die Gemeenteraad en leraars (wat is die dominees se behoeftes?)
  • Finansies
  • Regte mense vir vakatures op die Gemeenteraad
  • Dat die bedreiging wat mense beleef in terme van veiligheid, werk-sekerheid, ens., nie die oorhand sal hê nie, maar dat ons almal ons sekuriteit en vrede in God sal vind

  KORTTERMYN

  • Wildsfeesbasaar
  • 40dae veldtog
  • Gemeenteraad-beplanning (strategie vir volgende 5 jaar)

Views: 14

© 2012   Created by Lux Mundi.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service