Die gebedsbediening is ‘n bediening op sigself wat 'n gebedskultuur in die gemeente wil uitbou. Tog is gebed ook 'n integrerende deel van elke ander bediening. Daarom wil die gebedsbediening seker maak dat gebed sy regte plek kry in die aktiwiteite van elke bediening en by elke lidmaat.
Gebedsgeleenthede
Gebedswag:
Meer as sestig mense het hulle reeds verbind om elke dag op ’n tyd wat hulle pas, te bid. Gebedstemas word verskaf. Almal is welkom en word hartlik uitgenooi om hierby aan te sluit.
Eredienste: Gebede vorm 'n integrerende deel van die liturgie van die eredienste.
Gebedsprogram:
Klik hier om die tweeweeklikse gebedsprogram tot 4 Februarie 2012 af te laai
Gebedslys: Stuur jou gebedsversoeke. Ons sorg dat die persoon op die gebedslys kom. Verskeie persone en groepe bid dan vir die persoon. SMS’e van bemoediging word ook aan hulle gestuur. Hulle sal ook, geskakel word en/of besoek word deur die pastorale bediening.
Gebedskerse: Wanneer jy ernstig bid vir iemand of wanneer jou gebede verhoor is, kom steek tydens die diens ’n kers op as ’n getuienis dat die Here gehoor het.
Gebedskamer: As jy alleen wil kom bid, of in ’n groep, kan jy of julle daar kom stil word in die gebedskamer in die jeuglokaal.
Mannebediening: Vroegoggendkoffie saam met God – gebedsgeleentheid Vrydagoggend om 05:30 by die kerk. Sien die presiese datums op die Jaarprogram.
Vrouebediening: Tydens die Bybelstudie op Donderdagoggende word daar ook voorbidding gedoen.
Seniors: “Die wyse gryses” bid Maandagoggende by ds. Koos Burger se huis.
Die bedieningspan: Die dominees sonder ook een oggend in die week af om die gebedslys deur te bid.

Verantwoordelike leraar: Ds. Marnette van Rensburg
Sel: 082 900 9312
Faks: 086 646 1162
E-pos: mjvrensburg@luxmundi.org.za
Jy moet 'n lid wees van Gebedsbediening om kommentaar te lewer!